4 dood, 3 beseer in N2-botsing

Een van die voertuie het oomblikke na die botsing aan die brand geslaan. Foto: IPSS Medical Rescue

Vier mense is dood en nog drie ernstig beseer toe twee motors Sondagmiddag op die N2 naby Mtunzini in KwaZulu-Natal gebots en een van die voertuie aan die brand geslaan het.

Paul Herbst, woordvoerder van die IPSS Medical Rescue, sê die bestuurder van die voertuig wat aan die brand geslaan het, was in die brandende voertuig vasgekeer.

Drie mense in die tweede voertuig het noodlottige beserings opgedoen en is by paramedici se aankoms op die toneel dood verklaar. Nog drie mense in dié voertuig het ernstige beserings opgedoen en was in die wrak vasgekeer.

Die tweede voertuig wat in die ongeluk betrokke was. Foto: IPSS Medical Rescue

“Brand- en reddingsdienste het meganiese toerusting gebruik om die beseerdes uit die wrak te sny. Intussen is mediese helikopters van Black Eagle/IPSS en die KwaZulu-Natalse departement van gesondheid na die toneel gestuur,” het Herbst gesê.

Die drie beseerdes is per helikopter na ʼn hospitaal geneem.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Jacques ·

Waar is al die slimmes nou – O gatta da nie n swaar voertuig betrokke nie, ai nou is daar seker nie veel vir hul om te se nie.

Slimkop ·

Leer bietjie van statistiek en laat sak jou kop in skaamte. Jy het seker belangr in die vragmotorbedryf.

Deon ·

Slimkop ek het,en ons voertuie is padwaardig,en jy sal ver soek om n vervoermaatskappy soos Dynamic te kry wat se voertuie so onderhou word.n Nuwe band kan ook bars,en ek het geen koneksie met Dynamic nie.

Gert van Wierdapark ·

Sjoe! As die verfrommelde voorkant van die voertuig so lyk – wat moes die spoed en impak van die botsing nie gewees het nie. Die minister van Vervoer moet vergeet om met die bande vervaardigers te wil praat of te lem – na aanleiding van die slagting toe 27 mense dood is met die vragmotor vol sement en die band/bars, en eerder fokus op die onwettige bestuurders wat met “gekoopte/gekookte” bestuurders lisensies die land vol rondvoeter!

lolla ·

Ek stem saam haal onwettige drywers en onpadwaardige voertuie van die pad af….ja ligte wat nie werk nie is onwettig!!….en baie minder ongelukke sal gebeur…… toets beide bestuurders as reel as daar ongeluk was….

H.A. ·

Verhoog die ongeluk fonds deur petrol prys verder te verhoog, of bring die spoedgrens drasties af.

ben ·

99% van alle ongelukke is kop aan kop. Dit is waar die fout is.
Soek die fout daar.

DEON ·

Na ’94 het dinge drasties verander op ons paaie…….onpadvaardige karre, geen lisensie, beperkte breinkrag tydens betuur, stadige reaksietyd, skatting van afstand onvermoee, hoofligte word nie aangesit voordat dit nie pikdonker is nie, spoed, dronk bestuurders en dronk voetgangers en nog meer.

Linda ·

Defnitief baie hoe spoed wat hierdie ongeluk veroorsaak het.

Bertus ·

Linda, hoë spoed het toevallig nie die motor bestuur nie!

Chris Ws ·

Spoed het nie die ongeluk veroorsaak nie.Iemand in beheer van een van die twee voertuie het wel.Dis duidelik die impak was geweldig waar hoe spoed ‘n rol KON gespeel het.Maar as twee voertuie elk teen 120km/h in teen oorgestelde rigtings beweeg en hulle bots kop aan kop is dit so goed elk een van hulle bots met ‘n muur teen 240km/h.Bring die spoed af na 100km/h op snelwee en 90km/h op alle nasionale paaie.Dan spaar mense nie net hul en ander se lewens nie maar baie brandstof ook EN die ernstigheidsgraad sou daar ‘n ongeluk plaasvind sal drasties minder wees.Of wil iemand my verkeerd bewys??

IK ·

Chris, met die vermindering van die spoedgrens stem ek heelhartig saam. Dit sal egter nie gebeur want ‘n vermindering in brandstofverbruik gaan ook minder geld beteken vir die staat. Die 240 km/h is egter verkeerd. Dit bly steeds 120 km/h mits beide voertuie dieselfde weeg (massa dieselfde) en natuurlik spoed dieselfde. Hoe sal ek verduidelik? Klap beide jou hande met ‘n muur tussenin, dis net so goed asof jy met een hand teen ‘n muur klap en die ander hand nie daarvan weet. Kom ons sê dis 120 km/h vir elke hand. Beweeg nou weg van die muur en klap met dieselfde spoed en jy sal sien dit bly net 120km/h. Die pyn of slag van die hande se botsing het nie verdubbel maar dieselfde gebly.
In hierdie botsing bewys dit egter dat beide of een teen ‘n moewiese spoed beweeg het.

IK ·

Gaan kyk by ‘Arrive Alive’ waar daar ‘n beter foto is wat die hele toneel wys en ook waar die voorwiele en enjin lê van die uitgebrande voertuig. Hierdie is duidelik ‘n trompop botsing waar daar nie ‘n flenter omgegee is vir menselewens en die soliede sperstreep blatant verontagsaam is. Weereens moet kameras verpligtend wees vir alle voertuie. My bloeddruk (en banddruk) is ook nou heelwat hoër . . .

Benniebez ·

Ek moet jou reghelp hier Chris Ws, die spoed van die motors word nie gekombineerd in kop aan kop botsing nie. As 1 voertuig 120kmh ry en die ander 140kmh dan is dit die spoed vir elkeen van inpak aangesien die elke kar soos ‘n muur getref word. Die 2 voertuie sal altwee reageer asof dit in ‘n muur vasjaag, albei se momentum stop onmiddelik met inpak.

En nou? ·

@Chris WS – Ek sal jou verkeerd bewys met die 240km/h!
Dit hang af van die massa van die ander voertuig!

Antoinette ·

Dit is baie hartseer. Ons het self gister die pad gery. Daardie ongeluk het gebeur omdat dit baie hard gereen het op stadium, so daar was baie water op die pad. Dit is dubbel strepe en mense ry soos maniake. Vat vet kanse om mekaar verby te steek. Geduld is nie meer aan die orde van die dag nie.

IK ·

Antoinette, nou slaan jy die spyker mooi netjies op die kop. Geduld en verdraagsaamheid is ‘n ronde NUL. Daar word gery vir plekke op die pad. Kom met spoed by jou verby terwyl die naaste dorp 4/5 km vorentoe is. Dan ook terwyl daar nog ‘n paar groot swaar voertuie voor ry teen 80 km/h waarmee ek kan saamleef oor ‘n paar km. Die plakker agterop ‘n voertuig het dit so uitgespel: “Rather be late than ‘the late'”. Dan natuurlik ook ‘In die kar nog ‘n sopie; In die kerkhof nog ‘n hopie.’

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.