4 dood, 5 beseer in Tzaneen-ongeluk

Tzaneen-ongeluk (8 Junie 2019) (Foto verskaf deur ER24)

Vier persone is Saterdagoggend dood en vyf is beseer tydens ʼn ongeluk in Deerparkweg in Tzaneen, Limpopo.

“Paramedici het omstreeks 07:00 by die toneel opgedaag,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “ʼn Ligte motor het langs die pad gestaan en ʼn sportnutsvoertuig is in die middel van die pad aangetref.”

Vier persone was in die ligte motor vasgekeer. “Al vier persone het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.”

Vyf persone van die sportnutsvoertuig is beseer. “Een persoon het kritieke beserings opgedoen. Die ander vier persone het geringe tot matige beserings opgedoen.”

Die persone is na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling. “Meganiese toerusting moes gebruik word om die oorledenes uit die voertuig te bevry.”

Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.