4 dood, drie beseer tydens skietery in Bloemfontein

Argieffoto

Vier persone is dood en drie beseer ná ʼn skietery Woensdagoggend in Bloemfontein.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het in ʼn verklaring gesê paramedici is in die vroeë oggendure ontbied na die toneel in die Chris Hani- informele nedersetting in Heidedal, Bloemfontein.

“Polisiebeamptes het die paramedici na die toneel vergesel waar verskeie skote gevuur is,” het hy verduidelik. “Vier mans was reeds dood en ʼn vyfde slagoffer, wat in die kop geskiet is, was in ʼn kritieke toestand. Sy is op die toneel gestabiliseer voor sy na ʼn hospitaal geneem is vir dringende behandeling.”

Die provinsiale nooddienste was ook op die toneel.

Volgens die polisie het twee onbekende mans die huis omstreeks 23:45 op 25 Julie betree. “Een gewapende man het lukraak op persone in die huis begin skiet voor albei mans van die toneel gevlug het,” het kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, gesê. Die persone in die huis het gesit en drink en kuier toe die twee mans die huis betree het.

Volgens Mbambo is die vier mans wat op die toneel dood is, tussen 16 en 32 jaar oud. Twee mans en die vrou is na ʼn plaaslike hospitaal geneem.

Lt.genl. Lebeoana Tsumane, provinsiale polisiekommissaris, het die skietery veroordeel. “Ek het ʼn span ondersoekbeamptes, onder leiding van genl.maj. Jones Qhobosheane, aangestel om ondersoek in te stel. Ek wil die gemeenskap ook versoek om nie paniekerig te raak nie, dit was ʼn geïsoleerde voorval wat deeglik ondersoek sal word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SONJA COETZEE ·

EK BLY IN BLOEMFONTEIN EN NIE EERS GEWEET VAN DIE SKIETERY NIE!!NERENS IS MENS MEER VEILIG NIE!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.