4 dood ná motor in ongelukstoneel inploeg

Foto: ER24

Vier mense is Woensdagaand dood en 14 ander beseer in ’n voorval op die N4 buite eMalahleni (Witbank), Mpumalanga.

Volgens ’n ER24-verklaring is nooddienste Woensdagaand omstreeks 19:00 na die toneel ontbied waar hulle ’n motor en ʼn taxi aangetref het.

Beseerdes het verspreid rondom die wrakke op die grond gelê. Die taxi het glo ’n voetganger raakgery en toe van die pad afgetrek. Die passassiers het uit die taxi begin klim toe hulle deur ’n aankomende motor getref is.

Twee vroue en ’n man is weens noodlottige beserings op die toneel dood verklaar. Nog ’n vrou is op die toneel in ’n kritieke toestand gevind. Sy is na die naaste hospitaal gehaas, maar het op pad aan haar beswerings beswyk.

Minstens 14 mense het minder enstige beserings tydens die botsing opgedoen en is met ambulanse na verskeie hospitale in die area geneem.

Die presiese omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anoniem ·

Onbedagsame mense gee niks om vir ‘n lewe nie, dit is hoekom ons paaie lyk soos dit LYK ! Dissipline !!!

Getuie ·

Selfde het op daardie pad gebeur so 3 jaar terug. Mense het aanhoudend van voor af gejaag gekom teen hoe spoed sonder om stadiger te ry al flits ek heeltyd en selfs al was die polisie en baie omstanders op die toneel. Daar het ten minste 20 karre oor die eens slegs beseerde man gery wat in die pad gele het.

Tammy ·

Onthou taxis trek af net waar hulle wil en of hulle nou die pd versper of nie hulle kan maak soos hulle wil. Ek se nie dis wat hier gebeur het nie maar dit het vroeer vandag met my gebeur.

Alida ·

Dit gebeur ELKE dag met my dat n taxi net stop waar hy wil en as jy durf waag om toeter te blaas kry jy die middelvinger!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.