Vier mans is Maandagoggend dood toe hul bakkie van die R28-brug in Krugersdorp in Gauteng afgery het en sowat tien meter na onder getuimel het.
Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, is nooddienste omstreeks 08:30 na die toneel op Robert Broom-weg ontbied waar hulle die wrak van die bakkie teen die brug se muur aangetref het.
Meiring vertel dat al vier mans op dié stadium in die wrak vasgekeer was. Die mans het reeds aan hul beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar.
Nooddienste vermoed dat die bestuurder moontlik beheer oor die voertuig verloor het wat veroorsaak het dat die voertuig van die brug afgery het en sowat tien meter na onder getuimel het voordat dit op die pad onder die brug te lande gekom het, verduidelik Meiring.
Die bakkie het onder teen die brug se muur gebots.
Meganiese toerusting is vanoggend gebruik om die liggame uit die wrak te sny.
Die owerhede was op die toneel.
As n mens kyk na daai wrak dink ek dit was maar net spoed.