4 dood toe skuiling brand

Argieffoto ter illustrasie

Vier mense onder wie ’n babaseuntjie is dood toe hul skuiling Vrydag in die vroeë oggendure in ’n informele nedersetting buite Kaapstad afgebrand het.

Die voorval het in Mfuleni plaasgevind.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die brandweer en reddingsdienste in Kaapstad, sê hulle is omstreeks 03:10 na ’n brandende skuiling in Themba Crescent ontbied.

Volgens Carelse is die brand net ná 04:00 geblus, waarna die liggame van ’n man, vrou, meisie en ’n babaseuntjie in die puin aangetref is.

Die oorledenes se ouderdom is nie in dié stadium bekend nie.

Die polisie is vanoggend na die toneel ontbied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.