4 gesoek ná moord in Louis Trichardt

Die misdaadstoneel. (Foto: SAPD)

Die polisie in Limpopo is op die spoor van vier verdagtes nadat ’n 64-jarige man Dinsdagaand in sy huis in Louis Trichardt vermoor is.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê in ’n verklaring Ailwei Samuel Tshifhango is tussen 17:00 en 18:00 in sy huis oorval.

Tshifhango is tydens die voorval geskiet waarna die verdagtes in twee motors,’n swart Volkswagen Jetta en wit Volkswagen Polo met onbekende registrasienommers, op die vlug geslaan het.

Volgens Ngoepe is die slagoffer na ’n hospitaal gehaas waar hy by sy aankoms dood verklaar is.

Hoewel die motief in dié stadium onduidelik is, word die moontlikheid van taxi-geweld nie uitgeskakel nie aangesien Tshifhango ’n taxi-eienaar was.

Enigiemand met inligting omtrent die voorval word versoek om kol. Nyelisani Mabatha by 082 565 8171 of Misdaad Stop by 08600 10111 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Daniel Pieter Schoeman ·

Maak nie saak wie word vermoor nie .Lyk my dit raak n kultuur in ons land en hul vat ou mense . 5 of 6 dan is hul braaf maar aleen is hul niks

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.