Vier mense is vandeesweek in die misdaadgeteisterde Nyanga-polisiëringsgebied in Kaapstad in hegtenis geneem vir misdade wat wissel van moord tot verkragting asook die besit van ’n gekaapte voertuig.
Volgens kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, is twee verdagtes, onderskeidelik 32 en 34 jaar oud, in hegtenis geneem nadat hulle op heterdaad betrap is met ’n gesteelde motor in die Siyanzanzela-informele nedersetting. Dié motor is na bewering Woensdag op Eislebenweg in Browns Farm gekaap.
Twee ander verdagtes, onderskeidelik 23 en 34 jaar oud, sal na verwagting binnekort onderskeidelik in die Wynberg-landdroshof en Athlone-landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting en moord, het Van Wyk gesê.
Die 23-jarige man is vandeesweek in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy vriendin by sy huis verkrag het. Hy sal in die hof verskyn op aanklag van verkragting.
Die 34-jarige man is Vrydag in hegtenis geneem nadat hy na bewering ’n 29-jarige vrou vermoor het. Die vrou se liggaam is in die Baghdad-informele nedersetting in Browns Farm aangetref.
Dié man sal Dinsdag in die Athlone-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en verkragting.
Misdadigers wat midaad pleeg op swart mense word vevang maar nie die’ wat witmense aanval nie.