4-jarige verdrink in stormwaterdrein

Argieffoto

ʼn Vierjarige meisie het Maandagmiddag in Krugersdorp verdrink toe sy in ʼn stormwaterdrein beland het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het in Utlhanongstraat in Kagiso plaasgevind.

“Toe paramedici net ná 16:00 by die toneel opdaag, is hulle in kennis gestel dat die meisie saam met haar ma geloop het toe sy in die drein ingeval het,” het Vermaak gesê.

Volgens hom is sy verder afwaarts in die drein meegesleur kort ná sy daarin beland het.

“Die meisie is meters ver van die toneel in ʼn klein stroompie aangetref.”

Sy is op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

christa ·

kon die vrou nie kyk waar hulle loop nie. Sekerlik het sy die kleinding se handjie vas gehou. So jammer as onskuldige kleinding iets oorkom agv ‘n grootmens

cassie ·

Die omstandighede rakende die voorval is verdag.Hoekom so naby aan die drein verby loop.Hoekom was daar nie ‘n deksel oor die opening nie.Het sy regtig ingeval.Ek vra maar net

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.