4-jarige verkrag en aan boom opgehang in KZN

Foto: Reaction Unit South Africa

Foto: Reaction Unit South Africa

ʼn Vierjarige meisie is aan ʼn boom opgehang nadat sy verkrag is in Verulam, KwaZulu-Natal.

Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) is die meisie glo Saterdag omstreeks 05:30 uit haar ouma se huis in Waterloo ontvoer, kort nadat die ouma glo die huis verlaat het om vir iemand te gaan kuier. Die ouma het met haar terugkeer gesien die kind het verdwyn en het onmiddellik mense gekry om te help soek na haar.

Volgens Rusa het die soekgeselskap die meisie in ʼn nabygeleë veld gevind waar sy aan ʼn boom gehang het. Sy het nog geleef. Paramedici is na die toneel ontbied en het die meisie behandel. Sy het glo aan hulle gesê haar verkragter is aan haar bekend. Die kind is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ʼn Groot skare het intussen op die toneel bymekaargekom en gedreig om die verdagte te vermoor indien hulle hom opspoor. Volgens Rusa het die verdagte die kind opgehang met ʼn stuk kombers en gevlug toe hy die ouma sien aankom het. Die verdagte is volgens berigte steeds soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

ronel ·

Gaan my verstand terbode hoekom n 4jarige alleen los by huis en gaan kuier??

Leonie Burmeister ·

Verwyder eers die ouma van die toneel. Sy hoort nie in daardie kindjie se lewe nie

Devereaux ·

Vra ek ook. Gaan kuier, of nog besig om te kuier. Mens kan nog n hond alleen los by die huis as jy vinnig gaan kuier maar nie n kind nie, Veral nie 4 nie. SLUIT HAAR OOK TOE!

Johann Marx ·

Hoe het die “verkragter” geweet die kind is alleen by die huis daardie tyd van die oggend? Hierdie tipe gedrag gebeur in ‘n gemeenskap waar die sangoma nog die bo-toon voer en vir mense vertel dat HIV genees kan word as jy ‘n kleuter-maagd verkrag! Hierdie is dus nie ‘n “misdaad” nie, dis ‘n mediese voorskrif!!

tina ·

Hoe vra ek, maar hoe kry ‘n ouma dit reg, om hierdie weerlose kleintjie alleen te los by die huis? ..en daardie tyd van die oggend?..Nee ‘n duisend maal nee!!! Toe my kinders klein was, het ek ‘n plan gemaak om hul saam te vat, of om sonder daar te bly, wat ookal so dringend was.
Kinders, (en veral in die tyd waarin ons leef) bly die ouers of die voogde se PRIMA VERANTWOORDELIKHEID.
Hierdie kinders het in die eerste plek nie gevra om daar te wees. Indien ‘n mens besluit om kinders te he, kom hulle welvaart na liggaam,siel en gees EERSTE!!!
Ja, -n mens sal redeneer dat dit sommige nasies se kultuur is, dat die ma die kinders by die ouma los om te gaan werk, maar rerig, iewers moet wysheid en verstand NOU inskop!
Ek is MOEG en word kwaad vir mense, wat weghardloop van verantwoordelikheid.
My gebede is by elke kindjie en bid ek dat hierdie kleintjie, die behandeling sal kry wat haar deur hierdie trauma sal help.

Winston ·

Tina. Die mens werk nog aan pille vir intelligensie. Nog nie beskikbaar maar word in 2550 verwag op die rakke.

PIET ·

Daardie vekragter moet uit die sameleweing verwyder word so ook alle verkragters en moordenaars bring die doodstraf terrug hulle hoort nie in die samelewing nie sal ons land weer n veilige plek maak om in telewe enigste ding wat sal werk n baie dik tou om die nek sal ook baie belasting geld spaar as die goed tronk toe gaan moet ons hulle nog gratis kos en verblyf ook gee

Retha ·

Ja, dis ongelukkig so – nerens maar nerens nie. Wat word van ons mooi land? Ek onthou ons het nog in die aande in die straat gespeel en ons ouers het nie nodig gehad om bekommerd te wees nie-daar was nie heinings nie en ek kan nie een keer onthou dat ek bang was of op die uitkyk was vir iemand wat my te na wil kom nie. En dis nie 100 jaar gelede nie, die jare 70s.

Nico ·

Waar was die ouers? So veel dinge verkeerd in hierdie verhaal… En wat gaan in iemand se kop aan wat smag na omgang met ‘n 4 jarige. En dan die kleuter ophang? Ag nee, ek vertrou NIE die ANC met doodstraf nie, maar hierdie verhaal mag my anders laat dink.

Dawn van Deventer ·

hoekom het die ouma die kind alleen gelos in die huis? Nie dat ek die ouma blameer nie, maar die kind is net vier jaar oud. Neem haar saam !!! Ek sal nooit verstaan hoe iemand so iets aan a kind kan doen nie.

AmY ·

Jy kan nie kinders alleen by die huis los nie. Nie 30 jaar terug nie. Nie vandag nie !

marieta ·

simpel vragie….waar is die kind se makers – ma en pa – hoekom is sy my ouma…wat ook baie onverantwoordelik is vir die verantwoordelikheid vir ‘n 4jarige….. unwanted kid?….. en dan moet iemand my weer heriner of dit menslike gedrag is…. die gemeenskap sweer wraak maar iemand beskerm die ‘kulturele krimineel’….. arme klein mensie….ek hoop sy word nou in die toekoms beskerm….. en die ander kinders in die gemeenskap is ook nie veilig nie!!!!

Manie Steenkamp ·

Ek stem saam met Piet i/s die doodstraf. Die MRK sal nooit toelaat dat die doodstraf weer ingestel word nie,want sou dit gebeur,sal misdaad drasties daal en dan sit ‘n klomp prokureers en advokate sonder werk, en ‘n hele klomp sekuriteits ondernemings maak toe en nog ‘n klomp mense is sonder werk, en dit gaan ‘n groot ekonomiese impak op ons samelewing hê. Die wysheid van ‘n Salomo gaan nodig wees om ‘n balans te vind.

Christie Joubert ·

Ek hoop van harte die gemeenskap kry hom eerste in die hande….

Tascha ·

Hoe de duiwel los mens ‘n 4jarige kind alleen? My oudste is nou 18 en ek verkies steeds dat sy oral vergesel – sy loop nerens op haar eie nie! Agge nee regtig ek dink die Ouma moet ‘n paar warme klappe kry! En hang die gemors want die polisie is nie meer in staat om hulle werk ordentlik te verrig nie.

Leonie ·

Opvoeding in vandag se tyd laat veel te wense oor. Ouers leer jul kinders om meer respek vir jou medemens te hê en wat die gevolge van jou dade gaan wees ongeag wat die wet sê. Kinders dink alles word hul geoorloof. Ons morele waardes stink. Doodstraf is nie ‘n antwoord op alles nie, sny af as jy nie ‘n versoeking kan weerstaan nie. Die ouma was dalk nooit opgevoed hoe om verantwoordelik te wees en hoe dit toegepas word nie.

nig ·

Ek wil nie meer van die goed lees nie – dis so erg ek wil opgooi. Arme dogtertjie…

Theresa ·

Betaal die gemeenskap om dag en nag te soek na die gemors. Skenk ‘n kombers vir die les wat hy moet leer. Stuur die honde-eenheid in – het gelees daar is reeds 20 of so gereed om spesifiek hierdie tipe nie-mens uit die samelewing te kry.
(Oumas word in sekere kulture gebruik om kinders op te pas terwyl ouers werk – veral in enkelouer huise). Sy sal nooit vergeet dat sy onverantwoordelik was nie…

Leeutjie ·

Ek stem Theresa! Stuur daardie honde-eenheid in!!! en lewer dit wat van hom oor is aan die gemeenskap uit!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.