4 jong mans sterf in gru-ongeluk

Paramedici behandel die vrou op die toneel. Foto: ER24

Paramedici behandel die vrou op die toneel. Foto: ER24

Vier mans is dood nadat die motor waarin hulle gery het Dinsdagoggend teen ʼn sportnutsvoertuig in KwaZulu-Natal gebots het.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het op die R621 tussen Newcastle en Dannhauser plaasgevind.

“Die vier mans was reeds dood met paramedici en die brandweer se aankoms op die toneel. Hul liggame was in die motor se wrak vasgekeer. Hulle is op die toneel dood verklaar en hul liggame moes met meganiese toerusting deur die brandweer uit die wrak verwyder word,” het Bodasing gesê. Die bestuurder was in sy 20’s en die drie passasiers vermoedelik tieners.

Volgens Bodasing is ʼn vrou in ʼn kritieke toestand langs die sportnutsvoertuig aangetref. Sy is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Sarie 2 ·

Dis ‘n hartseer berig… Hulle lewens het nog skaars begin…

Chantel ·

Verbeel ek my of is die – die 2de ongeluk waarby ‘n sportnutsvoertuig by betrokke is/was.

DPJ ·

Waarom kan besuurder nie elke jaar hul oë laat toets nie? Dit is tog vir hulle eie veiligheid? Net soos daar getoets word vir alkahol kan mense se oë ook getoets word vir sig.

Marie ·

DPJ dit is nie sig wat die probleem is nie dit is mense wat lisensies koop en nie kan bestuur nie!! Sien dit elke dag op die pad. Sperstrepe beteken niks hulle gaan verby net waar hulle wil!!

Elinette ·

So, so tragies!!! Gisteraand was my broerskind ook amper een van die statistieke … Ernstige motorfiets (doodskiste op wiele!!!!!!) ongeluk net buite die Paarl. 22 jaar oud en hy het beide sy bene verloor en is in ‘n koma in die hospitaal. As die kinders maar net wil leer: geen ryding is speletjies nie. As jy op die pad is moet jy verantwoordelik wees. Maar nee, ons “oumense” kerm tog net!

Annelize ·

Hier in Rustenburg is ‘n Matriekleerling gisteroggend dood in ‘n motorfietsongeluk by ‘n robot kruising. Ek is daar verby net na dit gebeur het, en dit was nie ‘n mooi gesig nie, daardie motorfiets was fyn en flenters. Na bewering het ‘n motoris met ‘n bakkie die rooi lig verontagsaam en die kind met ‘n hengse spoed getref. Oorgrote meerderheid van motoriste het geen agting meer vir die mees basiese verkeersreels nie, VERAL hier in Rustenburg. ‘n Stopteken en ‘n rooi robot is van nul en gener waarde in hierdie dorp.

BoereBikerBaby ·

Elinette, ek is jammer om te hoor van die ongeluk, maar meeste van die tyd is dit nie die bikers se skuld nie. Baie mense in karre misgis hul met die spoed van ‘n motorfiets. Ek het self al ‘n paar kere my dinges gesien met mense (mag nie ras noem nie anders is dit rasisties) wat net voor jou staaaaaadig indraai sonder enige flikkerligte nie.

Moet nie ons die skuld gee nie. baie se oe sit nie waar dit moet as hul kar bestuur nie. Ons maak ons motorfietse so dat hy raas sodat mense ons kan hoor maar ag wat, dit werk nie as jy nie kan sien nie en nog minder as die musiek so bler in die kar.

Ons as bikers is ook ouers, kinders en familie lede. Asb mense maak julle oe oop, ons is almal geregtig om die paaie te gebruik.

RIV aan die kinders wat hul lewens verloor het en sterkte Elinette met jou broerskind se beserings.

Elinette ·

BoereBikerBaby, baie dankie vir die wense. Maar dié keer wás die ‘biker’ skuldig, jammer, al was dit my broerskind. Hy het ge”bumper-strike” – op die voertuig se gat gesit en in-en-uit die verkeer ge-“weave”. As jy ‘n ervare “biker” is, kan jy seker bietjie speel, maar nie ‘n jong kind van 22 wat net 3 weke terug dié massiewe stuk enjin gekoop het en nie eens lisensie gehad het daarvoor nie!!! Dit is waarom ek praat van kinders wat dink ons oumense “spoil their fun”. Nou sal hy nooit weer motorfiets of motor kan bestuur nie, sal daar niks van sy planne om weer in die VSA te gaan werk Maart of enige ander planne kom nie. Nou sal hy moet konsentreer op herstel, en rehab.

Annamarie Trollip ·

Dankie vir jou boodskap. Ek het my middelste seun Febr 2013 verloor agv ‘n motorfiets ongeluk oor ‘n “man” met ‘n trapfiets besluit het HY gaan nou reg oor die pad ry lokasie toe en voor my Engelkind ingedraai het. My kind was ‘n verantwoordelike jong man, pas klaar met matriek en sy hele lewe was voor hom maar dit was NIE die motorfiets se skuld en ook nie my kind se skuld NIE. Hy was lief vir motorfietse en dit was sy 3de motorfiets….. so ja, mense gee altyd net die motorfiets ryers die skuld en dis nie regverdig nie sorry ! X

maggies ·

My hart en gebede gaan uit na almal wat vriende en familie verloor het as gevolg van motorfiets ongelukke. My suster se seun hy was 52 jr oud het ook sy lewe verloor asgevolg van n trok oppad malmesbury wat voor hom ingeswaai het. Hy het oor die trok se voorste wiel gehang
opslag dood. Sterkte almal

Elinette ·

Dankie Annamarie en Maggies; dit gaan darem al klein bietjie beter met my broerskind, hoewel hy nog in ICU is. As almal maar net vir ALMAL ‘n stukkie van die land se paaie wil gun en DEEL met VERANTWOORDELIKHEID, dan sal motor en motorfietsongelukke dalk heelwat minder wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.