4 kinders dood: ‘Sy het jammer gesê’

Zinhle Maditla in die Witbank-landdroshof (Foto: Balise Mabona/ANA)

Zinhle Maditla, die vrou wat daarvan beskuldig word dat sy haar vier kinders in Klarinet in Emalahleni (Witbank) in Mpumalanga vermoor het, het haar familie om verskoning gevra vir die voorval, het haar suster Alice Nkosi Dinsdag gesê.

Nkosi het met verslaggewers buite die Witbank-landdroshof gesels kort ná haar 24-jarige suster Maditla verskyn het.

Staatsaanklaer Johan Harmse het tydens die hofverrigtinge gesê die beskuldigde se geestelike en sielkundige waarnemings is afgehandel. Vier ander verslae van die evaluering is egter nog nie gereed nie. Hy het die hof versoek om die saak tot 4 April uit te stel om die verslae af te handel. Landdros Mdumiseni Mavuso het die versoek toegestaan.

Nkosi het, ná haar sussie vlugtig in die hof verskyn het, gesê Maditla het onlangs in ʼn brief om verskoning gevra vir die familie. Sy wou nie bekend maak waarvoor haar suster skriftelik om verskoning gevra het nie. “Ons besoek haar gereeld by die psigiatriese hospitaal en sy is nie lekker nie,” het Nkosi gesê.

Zinhle Maditla se suster Alice Nkosi (Foto: Balise Mabona/ANA)

“Sy is altyd baie hartseer. Ons wag geduldig vir die verslae oor haar geestelike toestand. Hierdie voorval is baie moeilik vir ons as ʼn familie, maar ons vertrou op God en die ondersteuning van mense – dit gee ons krag.”

Nkosi het gesê Maditla is ʼn goeie mens wat baie lief was vir haar kinders. Maditla het gereeld klein werkies gedoen, soos om mense se huise skoon te maak, om ʼn inkomste te verdien en haar kinders te ondersteun. Die familie is steeds verslae en onseker watter gebeure tot die tragedie gelei het.

Maditla het haarself op 30 Desember 2018 aan die polisie oorgegee kort ná die ontbinde liggame van haar vier kinders in ʼn huurkamer in Klarinet gevind is. Sy staan tereg op vier aanklagte van moord met voorbedagte rade op haar kinders – twee meisies (onderskeidelik vier en agt jaar oud) en twee seuns (sewe jaar oud en 11 maande oud). Sy word verteenwoordig deur ʼn regshulpprokureur Jabulani Maphethe.

Maphethe het vroeër aangevoer sy kliënt was moontlik verstandelik onbevoeg toe sy die moorde gepleeg het. Hy het versoek dat die 24-jarige na ʼn psigiatriese instelling vir evaluering verwys word.

Lees alle vorige berigte oor Zinhle Maditla op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Hanna Hoekom ·

“Sy het omverskoning gevra…” En dit moet nou alles regmaak? Vier onskuldige kinders is dood. Vier Sassa-uitbetalings daarmee heen…

Daar was moontlik n nuwe man in haar lewe wat nie kinders aanvaar het nie. Ons moes hoeveel keer in die Waterberg area kinders (en soms die lykies) uit toegesluite plakkershuise haal omdat die Ma met haar nuwe vriend die pad gevat het. Ondersoek asb daardie moontlikheid!

Nugter ·

Sy was 15 toe het verwagtend geraak. Ek neem aan daar was ‘n man betrokke, en met die ander drie? Of moes sy dalk pa en ma staan vir almal. Waar was die pa of pa’s, ons weet nie wat was haar omstandighede nie. Sonder dat ek haar omstandighede ken, voel ek jammer vir haar, want ‘n ma vermoor nie haar kinders sommer net nie.

Abe ·

MM, baie dankie vir goeie volledige berigte oor strafsake. Dit was vir my terleurstellend dat MM niks berig het oor Xander Bylsma se verskyning Di 12/3 nie.

GM ·

Dalk moes sy haarself verwyder het as sy so ongelukkig is. Wat het haar arme kinders gedoen? Hoe leef jy met jouself saam nadat jy so ‘n afskuwelike daad gepleeg het?
En soos hul gesê het van die ou wat die meisie in Dros verkrag het – moenie wegkruip agter jou geestestoestand om te probeer wegkom met jou dade nie. Waar is die EFF en ANC en en nou?

Lola ·

Sy was dan 15 jaar oud gewees toe sy die eerste keer swanger geword het. Toe die een kind op die ander. Geen defnitiewe inkomste nie. Wanneer gaan hierdie hartseer dinge verander?

KaterinaKat ·

Wanneer vroue en jong meisies wat weet dat hulle waarskynlik seksueel met mans gaan verkeer, Voorbehoedmiddels begin gebruik. As hulle nie kinders wil he of kan bekostig nie -daar is klinieke orals wat sal help. Die 3 maande inspuiting werk soos n bom.

Peanut ·

My vraag is: as die oudste kind 11 jaar was en die mamma 24, WIE het haar op 12 swanger gemaak, want sy moes dan 13 wees toe sy geboorte skenk.
Ek dink ons het hier met n uiters desperate en depressiewe mensie te doen….
Wie sou nie wees nie, ons mag nie klippe gooi, ons almal staan agter ons glas huise se glasdeure.

Mariska ·

Peanut – Nie 11 jaar oud nie, 11 maande die oudste kind is 8jaar oud so sy was 16 toe sy geboorte gegee het…..

Wonder ·

Ek luister nounet op Jacaranda oor die mamma wat haar man, dogter en kleindogter in ‘n huisbrand verloor het. Sy sal enigiets doen om hulle terug te kry. Dit is hartverskeurend.

Hierdie ma se net “jammer”. Sy is nie ‘n mens nie. Sies!!

Helen ·

Dit is wat gebeur as kinders, kinders kry. Op 16 moes sy nog op skool gewees het maar ipv skool het sy ‘n baba gekry en ‘n jaar daarna nog een. Dit is erg om op 24 al 4 kinders te hê wat jy alleen moet onderhou en groot maak, sy het nie tyd gehad om eers tiener te wees en geleidelik in die grootmens wêreld in te beweeg nie. Dit is uiters hartseer en ek hoop ander tiener meisies kan ‘n bladsy uit haar boek leer en voorbehoedmiddels (wat gratis) by die klinieke aan hul voorsien word gebruik ongewenste swangerskappe voorkom.

Ag seblief ·

In jou ouma of dalk oumagrootjie se tyf Helen, het vroue op 24 al ses kinders gehad wat sy grootgemaak het. Goed groot gemaak het. Nes die vrou se ma, ouma en oumagrootjie ook gedoen het.

Zimmie ·

Ja hier in SA vermoor jy mense dan vra jy om VERSKONING as jy van ‘n sekere etniese afkoms is . as jy egter WIT is en jy druk ‘n ou in ‘n kis gaan jy TRONK TOE .. te lekker in die nuwe SA .. streng oppad na ZIM toe.

RHG ·

Moenie oordeel nie! Ons staan nie in hiedie vrou se skoene nie!
Wanhoop, desperaatheid en depressie kan mense laat uithaak.

KaterinaKat ·

Ek stem nie saam nie. Ek is al van ek n klein kind was, n lyer aan Major Depressive Disorder. Ek het ook al deur jare van depressie en wanhoop gegaan en NOOIT maar NOOIT het dit Naby my gedagtes gekom om my kinders te vermoor nie. Hierdie “moenie oordeel nie” mentaliteit is in my opinie n slapg*t mentaliteit. En voor iemand godsdiens wil inbring, ek is nie n Christen nie. Maar ek het lank lank terug n keuse gemaak om my lewe so te lewe dat niemand my Hoef te oordeel vir my aksies nie. Ek leef ordentlik en reg en Sensible, en ek verwag dit ook van ander.

Marinda ·

Ek praat nie dit wat sy gedoen het goed nie, maar kom ons wag tot na die saak af gehandel is voor ons haar stenig. Elke saak het twee kante.
Ek kry haar ook jammer en ek bid vir haar.
Ons verstaan nie altyd hoekom ons as mens sekere goed in die lewe doen nie.

GM ·

Nee, iemand wat ek jammer sal kry is ‘n persoon wat uit desperaatheid hul kinders vermoor, en daarna hulself, want so ‘n persoon het geen ander uitweg gesien nie en wou heelwaarskynlik ook nie hul kinders aan hul lot oorlaat nie. En Nee, ek keur dit nie goed nie, maar dit kan ek nog so semi verstaan.
Die ma hierbo het net haar kinders vermoor, en sy gaan aan met haar lewe. Dalk kry sy in die toekoms nog kinders?

Wat die kommentaar aanbetref oor die klinieke en gratis voorbehoeding – watse tiener gaan vir 7 ure daar gaan sit? En glo my, dis die gemiddelde tyd wat mens by die klinieke sit waar ek al was vir my kinders se inentings. En dan sal daar vir party gesê word om môre terug te kom, nadat hulle die hele dag al daar spandeer het. Die staat kan gerus Dischem en Clicks klinieke subsidueer sodat sekere dienste gratis gelewer kan word. Dit sal die las veel ligter maak op staatsklinieke. Maar die bevolkingsontploffings pas hulle, want dis meer stemme vir hulle later.

KaterinaKat ·

Tieners wat Vasbeslote is om nie swanger te raak nie sal vir 7 ure daar sit. Tieners met verstand in hul koppe. Enige vrou, jonk of ouer sal die tyd- opoffering maak as sy Regtig vasbeslote is om die slim en meer voorspoedige roete deur die lewe te volg. Gemaksugtigheid is nie n verskoning nie.

GM ·

Goeie vraag Pinkie!

Marinda, daar is geen regverdiging vir jou eie kinders doodmaak en jy gaan aan met jou lewe nie. Soos ek in my vorrige kommentaar gesê het, die persoon moes dan haar eie lewe ook geneem het as die daad uit desperaatheid was. Sy het net ontslae geraak van haar ‘laste’.

Dis waglik dat sy hul lykies net so in die huis gelos het om te ontbind. Mens sou nou dink dat as jy ‘lief’ is vir jou kinders en jy sulke nonsens aanvang, dat jy hul ten minste sou gaan begrawe het.

Ek oordeel nou, maar sulke dinge maak my briesend. 11 maande oud, 4 jaar, 7jaar, 8jaar. Sy het heelwaarskynlik swaargetrek na die eerste baba al, hoekom nog hê? En die eerste baba moes skaars gebore gewees het toe sy weer swanger geword het, en daarna nog twee keer.
Dis hoekom ek altyd sê, party mense hou hulleself arm deur nie in te sien dat dit makliker is om een kind as 5 te moet voed nie.

Schalk ·

Die kinders se bloed roep uit wat doen SA maak maar oe toe en slaap rustig.Die vermoordes in die land se bloed roep uit .SLAAP RUSTIG.Kom ons slaap voort .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.