4 konstabels in hof vir moord ná voorval in selle

Argieffoto: SAPD

Vier polisiekonstabels het Maandag in die Roodepoort-landdroshof verskyn op aanklag van moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer ná die dood van ʼn man in aanhouding.

Rudzani Marumo (36), Zanele Twala (32), Mpho Tshikosi (30) en Thabong Makgota (25) bly in aanhouding en sal Woensdag om borgtog aansoek doen.

Sontaga Seisa, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), het gesê Opod sal die borgtogaansoek teenstaan.

Die vier konstabels word daarvan beskuldig dat hulle twee mans die aand van 20 Oktober in polisie-aanhouding aangerand het. Een van die mans is ná die beweerde aanranding dood aangetref.

Seisa het vroeër gesê die twee mans, onderskeidelik 36 en 39 jaar oud, is in die aanhoudingselle van die Honeydew-polisiestasie aangerand.

Die mans is herhaaldelik geskop en geslaan waarna die 39-jarige man inmekaargesak en begin bloei het. Volgens Seisa het die konstabels egter nie bes gegee nie en voortgegaan met die beweerde aanranding voordat hulle eindelik vort is.

Dit is tóé dat die ander man agterkom dat die een op die grond abnormaal asemhaal. Hy het tevergeefs probeer om polisielede se aandag te kry en is later na die Randburg-polisiestasie oorgeplaas.

Die erg beseerde man wat in die selle agtergebly het se broer het later die aand daarop aangedring om hom te sien. Dit is tóé dat hy op sy broer se liggaam in die selle afgekom het.

Die konstabels is daarna in hegtenis geneem op aanklagte van moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

“Opod doen weer eens ’n beroep op polisielede om wette te respekteer,” het Seisa bygevoeg.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Pieter ·

Stem die grootste skelms is in die polisie dan praat ek van kolonels en genr die land en sy regstelsel is een groot grap regters in gesluit

gatiep ·

Hoekom word daar net gepraat van die man,mag ons nie weet wie dit is nie?

Grobler Steyn ·

Die antwoord lê in die feit dat slagoffer se naam verswyg word was hy nie blank sou dit bekend gemaak word dit word se suur genoem

Hanlie ·

Ja, hulle dink hulle is bo die wet verhewe. Mag hulle lank sit.

johan ·

en die wat nie wou help nie moet ook aangekla word …aanklag bevelvoerder eerste

oogies ·

dit is nou mense wat veronderstel is om jou te beskerm sies man ek skaam my vir julle nou wil hulle weet hoekon daar geen respek teenoor n polisieman is nie dit is oor sulke en ander gebeure want hulle is beslis nie meer n voorbeeld vir ons nie sluit toe en doen asb dieselfde aan hulle as wat hulle aan die 2 mans gedoen het sodat hulle kan voel hoe voel dit om so gemartel te word. Ek hoop sy broer vat dit beslis verder.

Jo ·

Ja dit was blanke mans, reg oor die land word blanke mans toe gesluit, verkrag en aangerand onder die toesig van polisie, kyk op YouTube on die kanaal “loving life”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.