4 ‘koperkabeldiewe’ op heterdaad betrap

Argieffoto

Vier verdagtes sal Dinsdag in die Odendaalsrus-landdroshof verskyn nadat hulle Maandag in die vroeë oggendure op heterdaad betrap is toe hulle probeer het om koperkabels by die Phakisa-myn in dié Vrystaatse dorp te steel.

Luidens ʼn verklaring deur die polisie het sekuriteitsbeamptes van Harmony Security omstreeks 02:45 op vier mans afgekom wat probeer om koperkabels te steel en die polisie is na die toneel ontbied.

Die mans is op die toneel in hegtenis geneem en die polisie het op 41 m se koperkabel asook ʼn verlengkoord, ʼn battery en ʼn elektroniese motor beslag gelê, lui die verklaring.

Een van die verdagtes is in die proses beseer en onder polisiebewaking in ʼn hospitaal opgeneem. Die verdagtes is aan kapt. Mojuta Mabaso en sers. Lebalele Lenake by die plaaslike polisiestasie oorhandig.

Hulle word aangekla van die diefstal van koperkabel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ek wonder maar net! ·

Indien die persoon aan wie verkoop word vasgetrek word, sou dit die diefstal oplos? Natuurlik ‘n groot operasie, maar die hele land sal verliese/skade vryspring.

Danie Theron ·

Kabeldiefstal moet as prioriteitsmisdaad verhef word. Klagte van kabeldiefstal is nie sterk genoeg…klagtes van sabotasie moet gele word teen die kriminele. Hulle saboteer die landsekonomie en dis ernstig.’n Daadwerklike poging moet geloods word om, soos genoem bo, die aankopers van die produkte vas te pen en uit mark te haal.

Matt ·

Dit lyk vir asof hulle plesier kry on die Klein dief te vang maar nooit die brein agter die diefsta nie. Hulle moet die kooper van hiedie koper aantree Dan sal die misdaad nooit plaasvind nie. Maar nou ja in Afrika is daar geen gevolge nie so dit hou maar aan. Imdien misdaad gestop word sal die regerimg miljarde rande verloor aan BTW.

SjN ·

Skrootwerfhandelaars moet strenger beheer word, solank daar n afset is sal dit nie ophou nie.

Ruiklont ·

Die handelaar moet erger straf as die diewe kry, minimum 15 jaar

Ruiklont ·

Met die skade wat kabeldiewe aanbring, moet hul vir baie lank, swaar handearbeid gevonnis word-voorstel minumum 10 jaar.

Frank ·

Hulle kry maar iets soos R70 per kg. Maar in die proses veroorsaak hulle honderd duisende rande se skade.

Christa ·

Dis goed en wel die Manne Gaan gestraf word, maar Kan hulle nie ook maar die skade betaal wat hulle aangerig het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.