4 kritiek, 10 beseer toe bakkie rol

Foto: ER24.

Veertien mense is beseer toe die bakkie waarin hulle gereis het gerol het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Woensdagmiddag op die R553 in Vanderbijlpark plaasgevind.

“Toe ons paramedici by die toneel opdaag het hul die bakkie ’n ent weg aan die kant van die pad aangetref. Die insittendes wat agter op die bakkie was, is van die bakkie afgeslinger en het verspreid oor die pad gelê,” het Meiring verduidelik.

Vier mense is kritiek beseer en tien het beserings van gering tot ernstig opgedoen.

Volgens Meiring is een van die kritiek beseerdes per mediese helikopter na ’n nabygeleë hospitaal gehaas vir mediese noodbehandeling.

Die ander beseerdes is per ambulans na hospitale vervoer vir mediese behandeling.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johann ·

So dis weer een van daai somme ingelukke? 14? In en op n bakkie? 14? En dan word hulle GEVLIEG vir mediese behandeling? En ek en jy en julle? As ons in normale wettige getalle in n ongeluk is? Dan is die somme ongeluk status nie van toepassing nie?

Chantell ·

Wonder of hulle die wet ook streng gaan toepas hier. Jy mag dan nie meer mense op n oop bakkie vervoer vir vergoeding nie. Dink Jy hy het hulle verniet vervoer? Ek wonder….. en peramedisie vervoer jou nie sonder jou mediese kaart nie….

Chris Ws ·

‘n Reguit pad.Pragtige sonskyn weer. Twee faktore wat nie bygedra het nie.Maar die voertuig was oorlaai.Die polisie moet mooi kyk na die bande.Heel waarskynlik het een gebars.Dan die bestuurder se bevoegdheid moet na gegaan word.Het ‘n ander voertuig dalk bygedra tot die ongeluk?Ek moes op paar geleendhede vinnig links swenk waar aankomende voertuie oor die middel streep in my baan beweeg het vir geen rede nie.

Justice ·

Die skouer van die pad op hierdie foto is in `n swak toestand. Let op die teer hoogte in verhouding met die grond gedeelte. Enige voertuig wat twee wiele van hierdie pad af plaas op spoed met `n onervare bestuurder of oorlaaide voertuig is `n ongeluk wat wag om te gebeur,

Kamikaze Pilot ·

Nou wat ek graag wil weet is, wanneer die skouer van die pad ao lyk en daar is ook nie ‘n geel streep nie, daar kom ‘n abnormale vrag en Verkeersbeampte wys vir jou jy MOET van die pad af. Af teen lae spoed is nie so moeilik nie maar terug maak jy jou kar se bande en rims seer, dit nadat jy in die bosse moes in ry en oor ‘n helse klip en gebreekte glas bier bottels is …
My vraag:
Moet ek regtig van die pad af en my lewe waag en wie betaal vir die skade?
Het enigiemand dalk vir my antwoorde? Ek kry dit gereeld en na die laaste keer het ek eers middernag by die huis gekom want ek het twee bande verloor toe ek MOES padgee?
Deesdae weier ek want dit is nie veilig om langs die pad te gaan staan nie.

Christine ·

Willie, lekker lag ek nou ja en hier waar ek woon ken baie nie die verskil tussen groen en rooi nie.

Koos ·

As hulle in n hok was, soos in die geval wat voorheen n boer in groot moeilikheid laat beland het, sou hulle ten minste nie verspreid oor die pad gele het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.