4 leeus in park vergiftig

Argieffoto ter illustrasie (Foto: designerpoint, Pixabay)

Vier leeus is Dinsdagaand in die Chameleon Village-leeupark in Hartbeespoort vergiftig.

Hennie Pio, mede-eienaar van die park, het Woensdag aan Maroela Media gesê hy en ander werknemers van die park het vanoggend omstreeks 08:00 oudergewoonte die park se heining nagegaan toe hulle op die aardige gesig van vier leeukarkasse afkom.

Verskeie gekookte hoenders is saam met die karkasse in die kamp gevind. ’n Veearts is daarna na die kamp ontbied om ’n outopsie op die hoenders asook die karkasse te doen. Daar kon toe vasgestel word dat die leeus deur middel van die hoenders die gif Two Step ingekry het.

Pio vermoed dat die leeus net ná 22:00 moes gevrek het aangesien hul gebrul omstreeks 20:00 nog gehoor kon word.

Hy vertel dat ’n buurman wat oorkant die pad woon, sowat 50 m van die park, se honde omstreeks 21:00 erg geblaf het. Die buurman se vrou het toe uit gegaan om die honde stil te maak. Pio vermoed dat boosdoeners haar in dié stadium moes gehoor het en toe laat spaander het voordat hulle die leeus se karkasse kon skend op soek na hul koppe.

Die boosdoeners se voetspore is tot by ’n kwekery langs die park gevolg waar die heining, net soos in die kamp, geknip en opgedruk is.

Pio vertel dat hy en sy vrou die vier leeus, Mumford, Mia, Isis en Thor, as welpies grootgemaak het. Hulle was tussen sewe en 11 jaar oud,” vertel hy.

“Ek het nie woorde nie. Dit was erg om op hulle af te kom, maar ek is nou besig om hulle te begrawe. Ek weet nie wat is erger nie,” sê Pio.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Wonderlike Rugbyland ·

Jinne, maar dit gaan lêkkerrr daar in rugbyland waar almal hoog op rugbybolle is…..

andre ·

Dit is ‘n tragiese misdaad. Ek verstaan nie wat jy eintlik probeer sê nie.

Is jy verheug oor die leeus se dood?

Of is jy kwaad oor die rugby oorwinning?

Of is jy maar net DEURMEKAAR?

Rerig??? ·

Wonderlike Rugbyland, ek verstaan presies wat jy bedoel. Snaaks dat mense rerig kan dink n rugby oorwinning gaan die land verander………
Die leeus se dood is baie tragies.

Riaan ·

Die met verstand weet dat n wereld beker oorwinning nie die land se probleme gaan laat verdwyn nie,maar ten minste was daar vir n slag iets positief op die koerante se voorblaaie

ANE ·

Soo baie JAMMER oor julle geweldkige groot verlies,. Mnr. Pio. DIS n verskriklike skok, vir my seun, ook gewees, toe hy,ook op sy 3 geliefde mak leeukinders, se geskende karkasse, afgekom het, 3 jaar gelede, hy kon nie ophou huil het, hulle was skaars n jaar oud gewees. VERGEWE ASB. die onsensitiewe DOM rugbydwase se siek kommentaar, in julle hartseer

Theresa ·

Julle moet drasties ‘n ander plan uitwerk. Een van die dae het ons geen van hierdie pragtige diere nie. Deesdae is die moetie mos nou weer die inding vir die arme diere se pote ens. Hoe walglik is dit nie. Al hierdie diere doen julle niks!

Denie ·

My verstand kan nie glo daar is mense. Wat n prag dier wil dood maak nie. Ironies genoeg as n dier n mens dood maak. Word die dier uit gesit. Dit moet dieselfde met die mensdom gedoen word. Word hul gevang gaan hul dalk n maand tronk toe. As hul uitkom gaan hul weer aan met hul boosheid.

Andre ·

Met die gedagtes en gevoelens wat binne in my kook sal ek nooit in die hemel kom nie…….!

Kwagga ·

Ja en so gaan daar absoluut niks oorbly nie, als word net eenvoudig vernietig en uitgewis……tragies!!!!!!

@Andre ·

Voel net soos jy. En die mense wat hulle honde stilmaak wanneer hulle blaf, vind eerder uit waarom hulle blaf. Julle is gelukkig dat die monsters nie julle honde ook vergiftig het nie.

JDeer ·

Mag die boosdoenners self deur Leeus verskeur en uitgespoeg word…

Roosknop ·

Wat pateties is is dat ons volkie nes van die ander iets of iemand wil blameer. Wat het die tragiese moord op 4 onskuldige leeus met die samesyn van rugby te doen? In alle volke en nasies kry jy die goeie en slegte mense. Nie almal is sleg nie. Verander jou siening anders is jy niks beter as hulle nie.

JV ·

Ai my hart is baie seer, kan nog steeds nie glo dat dit aan diere gedoen word nie net vir sy kop of pote. Mag jy net so swaar sterf jou vark wat niks gevoel in jou het nie!

Moppy ·

Sjoe dis baie erg arme Leeus jammer dat daar ni alarms afgaan as hul di draad knip of elektriese draade is dat dit hul sommer met 400 volt kan skop waar dit goed is mense moet maar meer ernstig begin voorsorg doen en di vrou wat uitgaan en haar honde stil maak jy soek moeilik kyk wat het met baie plaasboere al gebeur en as honde veral ernstig blaf moet mens weet daar buite is skelms dis wat ons CPF – Community Police Forum doen almal werk saam in ons dorp en hul vang lekker deesdae dit skelms as daar n hele klomp manne saam di Polisie uitgaan darem goeie nuus en Sterkte ek voel so bitter jammer vir di arme Leeus was so moes stem hul is sulke wonderlike Pragtige diere kyk seblief mooi na hulle

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.