4 motors in ligte laaie ná KZN-ongeluk

[Foto: Road Angels Traffic Info, Twitter]

Vier voertuie was in ligte laaie nadat ses voertuie, waaronder vier vragmotors, Maandagoggend in ’n gru-ongeluk naby Ulundi, KwaZulu-Natal, betrokke was.

Volgens Robert McKenzie, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse nooddiens, het ’n vragmotor tussen die R66- en R34-pad naby Ulundi omgeslaan, wat ’n tweede ongeluk met ’n ander vragmotor tot gevolg gehad het. ’n Sportnutsvoertuig, ʼn bakkie en twee ander vragmotors was in die tweede ongeluk betrokke.

“Twee mense is in die proses beseer en geen sterftes is aangemeld nie,” bevestig McKenzie.

Volgens McKenzie word die oorsaak van die tweede ongeluk ondersoek.

In ’n videogreep van die ongeluk wat op Facebook geplaas is, word gesien hoe ’n vroulike verkeersbeampte verkeer beheer om verdere ongelukke te vermy aangesien een vragmotor op sy sy een baan en ’n groot deel van die tweede baan versper het.

Soos voertuie in opdrag van die beampte verbykom,  word ’n ontploffing gehoor van een van die vragmotors met ’n sleepwa, met ’n bol vlamme oor die pad en die wal.

Dit was die tweede ongeluk waarby ’n vragmotor in minder as ’n week betrokke was.

Altesaam 18 kinders is Vrydag dood nadat ʼn bakkie en ʼn vragmotor in ʼn kop-teen-kop-botsing betrokke was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Andrew ·

Daar is duisende trokke van noord die grens van allerly lande en lisense standaarde (wat gewoonlik net n paar dollars kos met geen opleiding). Weet van mense wat dood gery is en dan ry die trokke net weg woeps oor die grens. Geen moraliteit nie en dit wys in die manier hoe trok betsuurders , net soos busse en taxi’s, die paaie gebruik .

Delia ·

En baie van ons eie mense ook. Ry jou van die paf af oor rooi robotte, ignoreer stop strate. Dis n kollektiewe probleem in die land

Pietertjie ·

Ek wens só dat al die slagoffers en naasbestaandes van hierdie soort skade, sal besef dat die oorsaak daarvan vierkantig voor die deur van die ANC gelê moet word. Gebrek aan opvoeding, opleiding, instandhouding, Wetstoepassing, noem maar op. Solank die ANC en sy meelopers aan bewind bly, so lank sal dit nie verander nie.

Miena ·

Ou Rampie moet maar eerder aandag gee aan die storie as die krag want niks gaan beter word binnekort nie.

SwartBees ·

Bring terug goedere treine. Haal trokke van die paaie af.

yahneh ·

Aangesien ons droom oor ‘n beter Suid Afrika, vervang sommer taxis met passasierstreine ook.

Rooikop ·

Dit is omdat elke Jan rap en sy maat Wil trokke ry maar Kan nie eers fiets ry nie my pa was n trok bestuurder en het verantwoordelik gery die ongelukke gebeur omdat daar nie verantwoordelikheid gevat word nie en party motoriste wat voor mens inry

SwartBees ·

Ek is so bly jy praat van bestuurder. Mens kry twee soorte agter die stuur van trokke nl: bestuurders en drywers…..en almal weet wat dryf.

Suzette ·

Wanneer mens na die video kyk, kan mens nie glo, dat daar slegs 2 mense beseer is nie. Dit is net Genade van Bo.

Nettie ·

Dit was een van die skokkendste video’s wat ek nog gekyk het. En ook een van die “heartwarming-ste”. Want een man hardloop nader en gaan pluk ‘n persoon uit een van die karre by die vuur. Toe hardloop hy weer nader, heen en weer en help. Daardie man moet gevind en die president se toekenning kry. Hy was vreesloos.

Dit was ook goed om te sien hoe vinnig reageer en hardloop almal uit die pad van die aankomende bol vuur. Sjoe. Dit was skrikwekkend. Ek is SO dankbaar om te hoor niemand het gesterf nie. As mens na die video kyk, lyk dit nie moontlik nie. Beskermengeltjies het oortyd gewerk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.