4 op plaas vermoor: Verdagtes in hof

Die twee beskuldigdes. Foto: Landi Slatter

Die twee beskuldigdes wat verhoor word in verband met die opspraakwekkende Balfour-plaasmoorde het Maandag vlugtig in die hof in Delmas verskyn.

Waarnemende regter Thule-Tu Tonjeni het die saak tot Dinsdag uitgestel om die staatsaanklaer Eric Sihlanga en Leona Fraser, ’n prokureur van Regshulp SA, kans te gee om “verskeie kwessies uit te sorteer”.

Die twee beskuldigdes bly in aanhouding tot Dinsdag. Hulle het verskyn op aanklagte van moord, verkragting, roof met verswarende omstandighede, die onwettige besit van ʼn vuurwapen asook ammunisie.

Die twee beskuldigdes. Foto: Landi Slatter

Die beskuldigdes se name kan nie bekend gemaak word nie omdat ’n seksuele klag deel van die aanklagte teen hulle is en hulle nog nie gepleit het nie. Albei se borgtogaansoeke is in Junie verlede jaar van die hand gewys.

Maroela Media het vroeër berig Gert Smuts (78), sy vrou, Paulina (71), hul seun Louis (47) en skoondogter Belinda (42) se liggame is op 13 Februarie verlede jaar op die plaas Modderbult gevind. Louis en Belinda se twee kinders, toe 18 en 21 jaar oud, het op één dag hul ouers asook hul oupa en ouma verloor.

Louis, Belinda en hul kinders. Foto: Facebook.

Belinda se liggaam is glo op die bank in die sitkamer gevind. Paulina se liggaam is glo in die slaapkamer gekry terwyl Gert se liggaam buite ʼn ander huis op die erf opgespoor is en Louis voor die kombuisdeur. Belinda en Paulina is glo met komberse tot onder hul kenne bedek en Louis en Gert met swart seile. Dié moorde buite Balfour in Mpumalanga het die land geruk.

Gemeenskapslede en gesinslede van die Smuts-familie was teenwoordig in die hof met hemde wat lees “Stop plaasmoorde”, met “Smuts” in ʼn kruis op die rug.

Een van die beskuldigdes was glo die gesin se tuinwerker. Albei beskuldigdes is glo Mosambiekse burgers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Waarheen ·

Kan julle asseblief julle plase beskikbaar stel vir ons stedelinge om na te vlug wanneer Malema se dreigemente teen ons waar gaan word en die land in totale chaos gedempel word? Hierdie moorde gaan almeer gebeur tot dit offisieel oorlog teen ons is en dan het ons plek nodig om na te vlug.

Johan H. ·

As ek kon se wat ek wou sou ek n swaarder vonnis as die doodskis 2 gekry het deur daardie oorywerige regtertjie,, maar vir eers se ek hoop julle kaan tronk toe julle 2 stouters,

Waarheen ·

Kan boere asseblief julle plase beskikbaar stel vir ons stedelinge om na te vlug wanneer Malema se dreigemente teen ons waar gaan word en die land in totale chaos gedempel word? Hierdie moorde gaan almeer gebeur tot dit offisieel oorlog teen ons is en dan het ons plek nodig om na te vlug.

G. S ·

Daar is reeds punte waar vandaan die vlugtelinge herlei sal word na veilige areas (konsentrasiekampe).

Manie ·

Sou hulle skuldig bevind word moet die familie alle parool aansoeke teenstaan. Sorg dat hulle in die tronk bly.

Alta Hattingh ·

Wonder waarom dek SABC nie ook die moorde op ons boere nie? My simpatie met die familie, veral die twee kinders, wat vandag weer die hartseer van 13 Februarie 2017 moet deurmaak.

Liberaal ·

Want dit is die liberaal demokratiese en kommunistiese plan om ongesiens van die blanke ontslae te raak. Die regering en liberale media elite sit daaragter.

Vermeendes ·

Hoeveel van julle is opskoek na n tuinhulp of huis hulp, ek weet van baie wat opsoek is na n werkie, hulle sal tot jou babas groot maak.

Ons leer maar swaar, wat die oog nie kan sien nie wil die hart ook nie he nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.