4 sterf, 17 beseer in botsing

Argieffoto: ER24

Vier mense is dood en altesaam 17 ander beseer in ʼn botsing tussen ʼn taxi en ʼn motor op die R34 naby Newcastle in KwaZulu-Natal.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê die wrakstukke van die ongeluk, wat laat Vrydagaand gebeur het, het oor die pad versprei gelê.

Talle beseerdes het ook rondom die voertuie in die pad gelê.

“Paramedici het die vier oorledenes ondersoek, maar niks kon meer vir hulle gedoen word nie, aangesien hulle reeds aan hul veelvuldige beserings beswyk het,” sê Meiring.

Die 17 ander beseerdes is na hospitale in die omgewing geneem vir verdere behandeling.

Meer besonderhede rondom die ongeluk is nie in dié stadium bekend nie. ʼn Ondersoek na die voorval duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Steve Stephansen ·

Jammer om dit te sê, maar die taxis doen verbete pogings om ander se dood te bewerkstellig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.