4 sterf, 5 beseer toe ambulans en motor bots

Argieffoto

Vier mense is dood en vyf ander beseer in ʼn botsing tussen ʼn ambulans en ʼn motor op die N17 net voor die Leandra-tolhek in Mpumalanga.

Ineke van Huyssteen, ER24-woordvoerder, sê die voorval het Vrydagaand net voor skemer plaasgevind.

“Met die aankoms van die nooddienste op die toneel, was daar ses pasiënte wat reeds behandeling van ander nooddiensgroepe ontvang het en drie mense wat geen tekens van lewe getoon het nie,” sê sy.

Van Huyssteen sê ʼn driejarige meisie was een van die ses beseerdes wat behandeling ontvang het. Sy is glo in ʼn kritieke toestand na die hospitaal gehaas.

“ER24 het haar na die hospitaal gehaas, maar sy is later dood,” sê Van Huyssteen.

Die vyf ander pasiënte is ook na die hospitaal gehaas en ontvang tans behandeling.

Die presiese omstandighede rakende die voorval is nie in dié stadium bekend nie. Die polisie het ʼn ondersoek van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anoniem ·

Die N17 eis elke week lewens. Ek ry die pad 3 keer n week en sien dit. Wat ek nie kan verstaan as jy by Kinross verby ry dan staan die verkeersmanne by n aansluiting waar daar nooit iets gebeur maar hulle trek die voertuie af en by hulle kantore staan met tye n horde verkeers polisie voertuie maar jy sien hulle nie op die N17. Nou wonder ek maar net keer hulle voertuie voor om maar soos gewoonlik hulle verdienste aan te vul met n bribe of beteken mense se lewens maar net niks vir hulle.

Peet Schabort ·

Ek het verlede Maandag die stukkie gery tussen Leven en Kinross en selfs teen 120 km/h was daar ‘n dubbelkajuit sterttrapper bykans bo-op my. Ek het stilgehou by die kruising deur Danien gemeld waar ‘n verkeersman gesit het. Ek het aan hom gesê wat nou net gebeur het plus dat daar uitermate tragiese ongelukke is op hierdie pad. Maar nou-ja, dit lyk my dit moet maar so wees. Ek ry eerder die alternatiewe roetes waar daar nie ‘n geteerde skouerloopvlak is en jy dus nie gedwing kan word om pad te gee vir hierdie padvarke.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.