4 sterf in botsing naby Northam

Die ongelukstoneel op die R510 naby Northam. (Foto: Verskaf)

Vier mense is dood en twee ander ernstig beseer tydens ’n ongeluk Saterdagoggend op die R510 naby Northam in Limpopo.

Mike Maringa, provinsiale woordvoerder van die departement van vervoer, sê die bestuurder van ’n Volkswagen Polo het na bewering ’n ander voertuig probeer verbysteek en teen ’n aankomende Toyota-bakkie gebots.

Die oorledenes, onder wie die bestuurder van die Volkswagen Polo, is almal op slag dood.

Die twee beseerdes is na die Amandelbult-hospitaal in Thabazimbi gehaas vir mediese behandeling.

Maringa sê roekelose bestuur en die onveilige verbysteek van ’n voertuig word as die moontlike oorsaak van die ongeluk beskou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Blomme ·

Sterkte vd families geraak deur die ongeluk. As mense net bietjie meer geduld wil openbaar oo die paaie kan so baie ongelukke verhoed word.

KB ·

Dit laat mens wonder oor die verkeersreëls op die ongelukstoneel – soos soliede lyne?

Mieke ·

‘n Duur prys wat betaal word deur een mens se onverskilligheid.

Wielspore ·

Die model Polo op die foto was in SA vervaardig tussen 1996 en 2003, so die voertuig is tussen 17 en 25 jaar oud. Uitgesluit die swak gedrag van bestuurders in SA is ek van mening dat van hierdie stok ou voertuie wat nie goed onderhou word een van die groot oorsake van die ongeluuke op ons paaie is.

Yvonne ·

By alles is spoed n faktor…hoe tragies is dit nie…dat mense nie besef n motor is soos n wapen as jy dit vekeerd hanteer waarborg dit vernietiging

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.