Vier mense is dood en nog een kritiek beseer toe twee voertuie Saterdagmiddag naby Bronkhorstspruit reg van voor gebots en albei aan die brand geslaan het.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het net ná 16:00 op die toneel op die R25 aangekom. Daar het hulle een voertuig in die noodbaan aangetref en die ander voertuig langs die pad. Albei voertuie was in ligte laaie.
“Die brandweerdienste het dadelik ingespring en die vlamme is binne ʼn paar minute geblus,” het Meiring gesê.
“By nadere ondersoek het paramedici drie liggame in die een voertuig gevind en een liggaam in die tweede voertuig. Al vier mense het reeds aan hul veelvuldige brandwonde beswyk en is op die toneel dood verklaar.”
Paramedici het ʼn vrou, vermoedelik in haar 40’s, buite een van die voertuie aangetref. Volgens Meiring het sy veelvuldige beserings opgedoen en was sy in ʼn kritieke toestand. Sy is op die toneel behandel voordat sy per helikopter na ʼn hospitaal geneem is.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.
word petrol deesdae in china gemaak dat soveel voertuie net brand in n ongeluk?
Omgekeerd dalk die voertuig afkomstig van tsjaaina? Ek koop verlede Donderdag ‘n splinternuwe spuit met ‘n bekende naam afkomstig van tsjaaina. Nou pas die pyp se koppeling nie op die spuit en moet ek 40 km ry om die ding terug te besorg nadat ek met aankope die ding bekyk het of alle toebehore daar was. Ek het nooit daaraan gedink om alle parte aanmekaar te koppel. Dalk moet mens ook kyk of die tsjaaina-goed werk?
Ek dink dit is voertuie met turbo’s turbo raak baie warm en by impak tydens ongeluk lek brandstof en dit veroorsaak dat die voertuig brand
Meegevoel vir geliefdes. Tragies in ergste vorm. Verskerp Algehele houding ook veiligheid en SPOED?
Alle simpatie en meegevoel aan die afgestorwenes se familie en vriende en wens die beseerde dame spoedigeherstel toe.
Met my 45 jaar se bestuur op ons paaie het ek talle voertuie sien brand – almal was Duitse voertuie met die 2 letter naam.Hulle enjin temperature loop baie hoog – net onder kookpunt en dit kan dalk deel van die probleem wees.Ek het self een gery wat met my in spitsverkeer begin brand het onder die die enjinkap!Wat ‘n nare ondervinding was dit nie.Ek kon die brand geblus kry en na ek die skade aan drade en kabels en als wat gesmelt het herstel het,het ek van hom ontslae geraak.Dit was die laaste Duitser in my besit !
Innige simpatie met die naasbstaandes van die oorledenes in die’ botsing.