4 sterf in Kaapse Wynlande-botsing

Argieffoto: ER24

Vier mense, onder wie ʼn vyfjarige dogtertjie, is Sondagaand dood in ʼn botsing tussen drie motors op die R45 naby Franschhoek in die Wes-Kaap.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, het Maandag gesê paramedici het twee mense in een van die motors aangetref wat noodlottige beserings in die botsing opgedoen het.

Hy het gesê ʼn man en die kind was in ʼn tweede voertuig vasgekeer met ernstige beserings terwyl twee ander passasiers in dié motor matige beserings opgedoen het.

Volgens Meiring moes gespesialiseerde reddingstoerusting gebruik word om die man en kind uit die wrak te sny waarna hulle in ʼn kritieke toestand saam met die ander twee passasiers na ʼn hospitaal gehaas is. Die man het egter op pad hospitaal toe aan sy beserings beswyk terwyl die dogtertjie later in die hospitaal dood is.

Een persoon in die derde motor het geringe beserings in die botsing opgedoen en is na ʼn hospitaal vervoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Andrea ·

Motorongelukke wis ons uit. Eks al doodbang om op die pad te gaan.
Sterkte en simpatie aan die naasbestaandes.

Emma ·

Die mense op die pad na franschhoek bestuur net soos hulle wil is n gevaarlike pad. Mense moet versigtig wees as hul hier ry hier gebeur omtrent elke week n ongeluk op die pad.

Scruffie ·

Dit lyk of motor ongelukke in Suid Africa en of ander national sport geword het As jy kyk na die N17 in Mapumalanga lyk dit soos n Suid Afrika se reisies baan jy kan ry so vinnig soos jy wil en so onverskillig soos jy wil

Scruffie ·

Dit lyk of motor ongelukke in Suid Africa en of ander national sport geword

Scruffie ·

Dit lyk of motor ongelukke in Suid Africa en of ander national sport geword het As jy kyk na die N17 in Mapumalanga lyk dit soos n Suid Afrika se reisies baan jy kan ry so vinnig soos jy wil en so onverskillig soos jy wil

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.