4 sterf op N4 binne ure van mekaar

Die ongelukstoneel waar twee vroue in ‘n trompopbotsing gesterf het. (Foto: Verskaf)

Vier mense is Vrydagoggend in twee voorvalle, enkele ure uit mekaar, op die N4 tussen Malelane en Mbombela in Mpumalanga dood.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, het aan Maroela Media gesê twee mans is omstreeks 06:00 dood toe hulle deur ʼn vragmotor getref is terwyl hulle ʼn buiteband langs dié pad omgeruil het.

Een van die mans is op die toneel dood verklaar. Die ander man het later vanoggend in ʼn hospitaal aan sy beserings beswyk. Die bestuurder van die vragmotor is nie in die voorval beseer nie.

Hoewel dit in dié stadium nie duidelik is wat die ongeluk veroorsaak het nie, het Mmusi gesê dié spesifieke deel van die pad het baie draaie en verg meer aandag van motoriste.

Enkele ure later het twee vroue 3,5 km daarvandaan in ʼn motorongeluk omgekom toe hulle bakkie tussen 09:00 en 09:30 reg van voor teen ʼn vragmotor gebots het.

Albei vroue is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die vragmotor is in dié voorval beseer.

Die vroue was Mosambiekse burgers, het Mmusi gesê.

Die oorsaak van albei voorvalle word ondersoek.

Die ongelukstoneel waar twee vroue in ‘n trompopbotsing gesterf het. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Feite ·

Dubbel streep, rigting waarheen die trok wys…….

Skuldig aan manslag , trokbestuurder.

smurfie ·

Feite, jy is nie noodwendig reg nie.
n Vriend van my is dood in n kop aan kop. Die ander voertuig het in sy baan in beweeg, hyt uitgeswaai in die ander baan in om die ongeluk te probeer vermy. Maar op daai oomblik het die ander voertuig terug beweeg in sy eie baan in. Dis toe dat hulle mekaar kop aan kop slaan. Die persoon in die ander voertuig was n oom wat n hartaanval gekry het terwyl hy bestuur het. En onthou dit gebeur so vinnag en teen n spoed

honoruable member ·

Mense bestuur soos varke op hierdie paaie en dis geen wonder dat dit so lyk op hierdie paaie nie. Geen respek vir ander nie. En wat hartseer is dis altyd onskuldiges wat hulle lewens verloor.

Ilze ·

Crocodile Gorge. Pragtige natuurskoon. So jammer van die ongelukke daar.

Chris Ws ·

Het vir familie naby Marloth Park gaan kuier en wragtig die motoriste en trokbestuurders maak nes hulle wil op daai stuk pad!Gelukkig ry ek stadig en katvoet EN net in die dag en tog moes ek mooi kyk vir die ander wat roekeloos bestuur.
Daai trok is heeltemal aan die verkeerde kant van die pad en dit by ‘n TRIPPEL spertreep gedeelte?Sluit daai drywer toe vir dubbele moord!Strafbare manslag is te lig.

Ai ·

Daai trok drywer moet tronk toe..×2 dubbel moordslag!!! Skudig!

Onnie ·

Dit is so duidelik soos daglig dat die bestuurder van die trok op n sperstreep verby gegaan het. Wat beteken hy het verby gevat waar hy nie kon sien nie en kop aan kop met die bakkie gebots het. Ek sou sê as jy iets so blatant doen dan verdien jy n laaaang tyd in die tronk

Theoman ·

Die pad tussen NELSPRUIT en MALELANE is n reisiesbaan, mense jaag vir n vaale. Ek ry die pad gereeld en wonder soms waar kry sommige bestuurs lisensies.

Thelsa ·

Daardie pad het vir talle kilimeters wit sperstrepe. Solank as wat bestuurders hierdie verkeersreels verontagsaam gaan daar families wees wat in rou gedompel is.

Griet ·

ONBESKRYFLIK tragies,aaai…kan mens ooit troos…?
Maar dink ook,daar is hopeloos té veel lewensvraatsugtiges agter voertuie se sture en dit sal drasties aangespreek moet word,eerlikwaar…

Irene ·

Alweer a trok hulle kan nie een bestuur nie sit alles weer op treine baie gevaarlik vir doe toekoms

Alwyna ·

Vragmotorbestuurders ry deesdae soos varke! Daar sal daadwerklik teen hul opgetree moet word.
Baie aggressief!

chrisjan ·

Ongelukkig ry meeste motoriste ,veral in luukse voertuie,baie roekeloser op ons paaie.Ek het BAIE videos met my dashcam opgeneem om dit te staaf vir enigiemand wat wil stry.

Tanya ·

Ek het 4 meisies v d werk het opad Durban v Empangeni gaan staan met n pap band. Ek het gery tot waar dit veilig was om te stop in n bree geel lyn. Ek het my rooi driehoekie uit gehaal en ver agter my kar gesit dat motoriste kon sien. En nog kom die trokke teen ons verby gejaag dat die wind ons wil om waai, dit was baie stress vol om n band te probeer ruil. Die goeie samatritaan wat ons gehelp het moes elke keer los en weg skuif wanneer ons se hier kom nog n trok, hul sal dan nog op hul hooters le ook.

Tiger ·

Tanya ‘n glas Coke bottel vol water deur sy windskerm sal die werk doen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.