4 sterf toe busbestuurder skrik vir slang

slang

Argieffoto.

Vier vroue is Woensdag in Inanda in KwaZulu-Natal dood nadat ʼn busbestuurder glo vir ʼn slang geskrik en in ʼn minibustaxi vasgery het.

Die Daily Sun het Donderdag berig die bestuurder het glo die bus se stuurwiel gelos en regop gespring toe hy die reptiel sien. Die bus het glo in die pad van aankomende verkeer beland en die taxi getref.

Vier vroue, tussen 27 en 44 jaar oud, is dood en vier is beseer. Die beseerdes is na ʼn hospitaal geneem. Die slagoffers was almal passasiers in die taxi.

ʼn Ooggetuie het aan die koerant gesê die taxibestuurder het ná die ongeluk uit die venster gespring en weggehardloop.

Die busbestuurder is ongedeerd. Hy het tydens die ongeluk geen passasiers vervoer nie.

Plaaslike inwoners het aan die koerant gesê hulle het die slang gevind en met ʼn klip doodgeslaan.

Kol. Jay Naicker, ʼn polisiewoordvoerder, kon nie bevestig of die slang die oorsaak van die ongeluk was nie. Hy kon wel die ongeluk op die M25 naby Dube bevestig, maar bygevoeg die oorsaak is nog nie bekend nie. Volgens Naicker was nog ‘n minibustaxi in die ongeluk betrokke, en die polisie is steeds op soek na een van die bestuurders wat van die toneel gevlug het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

George ·

Arme slang hy het ook maar net n lift gesoek , en moes met sy lewe betaal , dis on regverdig .

George ·

Arme slang , hulle moes net ge stop het en hy sou uit ge spring het en verder ge syl het . nou het hy sy lewe verloor , ek voel jammer vir die arme dier .

regtig ·

Snip, laat die son oor almal skyn, almal is nie dieselfde geskape nie en het nie jou IK nie, dis swak om geen kommentaar te lewer nie, maar eerder mense se spelling of woorde aan te vat. George, n slang is n dier en nie n mens nie, basta met reptiel of de nie.

Elfie ·

En as mens nou regtig sarkasties wil wees met ou Snip moet sy weet ‘n mens is ook ‘n dier, daar is net twee klasifikasies in die wetenskap onder lewende goed – jy is of ingedeel onder diere of onder plante. So liewe snip, mense en slange is beide geklassifiseerd onder diere (animalia)!! : )

scalla ·

was die slang in die bus, of taxi of op die grond, weggehardloop, hier is n slang in die gras!!!

Suzette ·

Nee heng, scalla ek verstaan ook nie mooi nie. Die busbestuurder sien slang, skrik, spring regop en los die stuurwiel en ry in minibus vas. Toe spring die minibus se bestuurder deur die venster en hardloop weg – wonder ek ook waar was die slang eintlik en hoekom sou die taxi bestuurder dan weghardloop? Of is dit nou die 2de taxi wat betrokke was se bestuurder wat weggehol het. Beslis ‘n slang in die gras…en hy is nie met die klip doodgemaak nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.