4 sterf toe hulle verstopte rioolpyp wou oopmaak

Argieffoto ter illustrasie van ‘n reddingspoging (Foto: Phillip Bruwer)

Vier mans is die naweek dood toe hulle deur rioolgasse oorval is terwyl hulle ’n verstopte rioolpyp in Koster in Noordwes probeer herstel het.

Kol. Adele Myburgh, woordvoerder van die polisie, het Maandag aan Maroela Media gesê Johannes Pretorius (74), Cornelius Cloete (62), Lenox Thobeni (56) en Mpho Melatho (25) het Vrydag aanvanklik probeer om ’n verstopte drein in een van hulle se erf op die dorp met chemikalieë oop te spoel.

Volgens Myburgh kon die mans nie daarin slaag om die probleem op die erf op te los nie waarna hulle na ’n rioolgat elders in die dorp is om ondersoek in te stel.

Dit is hiér waar hulle een vir een met trappe na onder in die rioolgat is waar die rioolgasse hulle oorval en hulle hul bewussyn verloor het.

Volgens Myburgh het die plaaslike brandweer die bewustelose mans later uit die rioolgat gebring. Twee van die slagoffers is op die toneel dood terwyl die ander twee later in ’n hospitaal beswyk het.

Die polisie doen ’n geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Alida ·

Dit is n gruwelike afstootlike gebeurtenis. Innige simpatie met die naasbestaandes. Wat n walglike dood om te sterf. Wonder wat die buiteland hiervan sal se? 3de wereld op sy beste. Sies man!!!

Vriendelike Frikkie ·

Sterkte aan die naasbestaandes. Hierdie presiese tragedie speel homself gereeld af. Die tweede, derde en vierde en partykeer vele meer mense wat omkom wil net help maar besef nie die gevare nie. Baie tragies.

Stofdonkie ·

Dit klink nie of die 4 mense werklik geweet het wat hulle doen nie. Waar was die munisipale werkers wat eintlik die regte toerusting, kennis en opleiding het om die werk te doen? Hoekom mos die 4 self probleem om die probleem op te los? Die munisipale werkers staak seker weer?

Scalla ·

Tragiese geval, waar was die munisipaliteit se kompressors en toerusting wat vir die doel gebruik word om verstopte pype oop te maak,

Boortor ·

Dit is die stadsraad se werk. Hierdie manne het dit uit moedeloosheid self probeer oplos. Maar nou ja…..eish there is no money. Danlie cyril en comrades. Julle het vier mense vermoor sonder om n vinger te lig!

Sarel ·

Plaaslike Owerheid sal natuurlik geen verantwoordelikheid aanvaar nie.

Peetjie ·

Nou wonder ek wie gaan in die geval betoog en dit as onaanvaarbaar verklaar nadat die munisipiliteit versuim het om hulle werk te doen….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.