Vier verdagtes is agter tralies net enkele dae nadat ʼn boer en agt van sy familielede verlede naweek op ʼn plaas naby Biesiesvlei in Noordwes beroof is.
Die voorval het Saterdag omstreeks 22:00 op ʼn plaas by Deelpan plaasgevind.
“Die familie was glo in die sitkamer toe ʼn groep van vyf mans die huis binnegekom en hulle met vuurwapens gedreig het. Al die slagoffers is beveel om op die grond te lê. Juwele, selfone, skootrekenaars, drank en kontant is gebuit voordat die verdagtes gevlug het,” het kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, gesê.
Die polisie het die eerste verdagte Donderdag in Alexandria buite Johannesburg aangekeer. Nóg twee vermeende betrokkenes is in eMalahleni gevang. “Die polisie het beslag gelê op ʼn Toyota Hilux-bakkie wat tydens die misdaad gebruik is, asook ʼn selfoon en skootrekenaar wat aan die slagoffers behoort,” het Myburgh gesê.
ʼn Vierde verdagte is Saterdag in Boikhutso, naby Lichtenburg, in hegtenis geneem. Wyn wat vermoedelik tydens die huisrooftuig gesteel is, is daar gevind.
Myburgh het gesê nóg inhegtenisnemings word binnekort verwag.
Die vier verdagtes is tussen 29 en 61 jaar oud en sal Maandag in die Lichtenburg-landdroshof verskyn op aanklagte van gewapende roof.
Lt.genl. Sello Kwena, polisiehoof in Noordwes, het die speurders vir hul werk geloof en die onderneming gegee dat die polisie nie sal ophou werk om misdadigers te laat boet nie.
Ek wil kommentaar lewer maar wat se ‘n mens.. weer en weer?
Die rede waarom Bheki Cele privaat vuurwapeneienaars wil ontwapen, is sodat hierdie boeddorstige aanvalle van gewetenlose Homo neanderthalensis species op boere onverstoord kan voortgaan. Ongelukkig is die enigste manier om met hierdie geweldenaars af te reken, geweld. Daar is in die afgelope twee jaar sterk getuienis deur navorsing ingewin wat bewys dat minder boere vermoor is, ten spyte van ‘n toenemende aantal plaasaanvalle, omdat hulle gewapend en slaggereed was .
Ek kan my nie indink dat boere en hul gesinne ongewapend op hul plase rondbeweeg nie. Dit was in Amerika in die “Wilde Weste” ‘n aanvaarde leefstyl dat meeste mense te alle tye gewapen was ter wille van selfverdediging. Daar was destyds nie ‘n effektiewe polisiemag nie – net soos tans in Suid-Afrika. Boere, bewapen asseblief julself sowel as elke gesinslid op jou plaas wat ‘n wapen kan hanteer!
Hoe kort gaan hulle agter tralies wees? Ek waarborg dat hulle more oggend alweer op vrye voet sal wees want hulle het blankes aangeval en blankes is mos rassiste.
Dit is makliker om te roof en plunder as om n eerlike dag se werk te doen
Goeie werk deur die Polisie, die skuldiges sal gou aan die pen ry!
Ons HOOP maar die skuldiges sal aan die pen ry!!!
Hoe het die aanvallers so ongesiens en ongehoord in die huis gekom???? Dit kan tog waaragtig nie wees dat mense in 2020 in Suid Afrika nog deure oop los nie?
Hoop borg word geweier
61!!!!!!! moet jy nie al op pensioen wees nie, magtig!!!!!