4 vas ná diamantrooftog

Argieffoto

Argieffoto

Vier verdagtes is in Kimberley in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog waarin ʼn vrou en haar kleinkind aangehou is.

Die verdagtes, onderskeidelik 24, 35 en 36 jaar oud, het glo verlede Vrydag met balaklawas aan by ʼn huis ingestorm en die vrou en haar kleinkind vasgebind. “Hulle is hierna dadelik na die vertrek met kluise waarin diamante en juwele was,” het lt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, gesê.

Volgens Tawana het die verdagtes die kluise oopgebreek. “Hulle het met ʼn onbekende hoeveelheid diamante en juweliersware op die vlug geslaan.”

Tawana het gesê die vrou se man het op die rowers afgekom. “Hulle het die man aangerand en ook vasgebind. Terwyl die rowers op die vlug geslaan het, het hulle die tuinwerker ook aangerand.”

Nadat die gemeenskap die polisie bygestaan het met inligting, is die tuinwerker saam met die drie rowers aangekeer. Genl. maj. Jean Abrahams, bevelvoerder van Kimberley se polisie, het die gemeenskap geloof vir hul betrokkenheid in die stryd teen misdaad.

Die verdagtes sal op 21 Desember in die Kimberley-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johann ·

Al hierdie elende is nie nodig nie, as die ANC regering vir mense werk verskaf soos hulle belowe het, as daar minder buitelandse skwatters is wie onodige misdaad oorbring sal die samelewing meer n veilige hawe vir Suid Afrika se mense wees. Ek le die gemors waarin ons tans verkeer voor ANC deure

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.