4 vas ná polisie op bendelede toeslaan

Argieffoto (Foto: SAPD, Facebook)

ʼn Polisieklopjag Vrydagoggend in Bishop Lavis in die Wes-Kaap het die inhegtenisneming van vier beweerde bendelede asook beslaglegging op onwettige vuurwapens en dwelms opgelewer.

Die polisie se bende-eenheid het Vrydag omstreeks 01:00 op die hoek van Bishop Lavisweg en Sparrowstraat toegeslaan waarna twee beweerde bendelede, onderskeidelik 24 en 49 jaar oud, in hegtenis geneem is.

Die polisie het ook tydens dié inhegtenisneming op ʼn onwettige vuurwapen en ammunisie afgekom.

Binne minute is op nóg twee vuurwapens asook ammunisie, vuurwapenkomponente en metamfetamien, ook bekend as Tik, beslag gelê. ʼn Drie-en-twintigjarige man is gevolglik in hegtenis geneem.

Die polisie het daarna op ʼn derde bestemming toegesak waartydens op ʼn verskeidenheid Mandrax-tablette, 57 rondtes ammunisie en Tik-kristalle beslag gelê is.

Nóg ʼn verdagte (22) is gevolglik in hegtenis geneem.

Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Bishop Lavis-landdroshof verskyn op aanklagte van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie asook handel in dwelms.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.