4 vas oomblikke ná rooftog, 1 gewond

Foto: Verskaf.

Vier mans is oomblikke ná ʼn rooftog in ʼn winkelsentrum in die Wes-Kaap vasgetrek.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die rooftog het by ʼn juwelierswinkel in ʼn winkelsentrum in Mitchell’s Plain plaasgevind.

“Die mans het glo ʼn hamer gebruik om die venster van die winkel mee stukkend te slaan en het horlosies en ander juweliersware gesteel voordat hulle te voet gevlug het,” het Rwexana gesê.

Die polisie het blitsig gereageer en die verdagtes agternagesit. Daar het ʼn skietgeveg ontstaan en een van die verdagtes is in die proses gewond.

“Die gewonde verdagte en twee ander verdagtes is aan die agterkant van die winkelsentrum vasgetrek.”

Die polisie het die vierde verdagte agternagesit en hy is ook vasgetrek. Daar is beslag gelê op sakke met juweliersware, horlosies, selfone en die hamer wat tydens die rooftog gebruik is. “Handskoene, ʼn masker en ʼn baadjie wat glo aan een van die verdagtes behoort is ook op die toneel aangetref.”

Die mans, tussen 22 en 30 jaar oud, sal binnekort in die Mitchell’s Plain-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Tammy ·

Optimistiese rowers, is die enigste raak beskrywing. Toemaar more is hulle weer op straat vir nog misdaad.Moenie vergeet nie hierdie is Suid Afrika

Jan Nel ·

Behalwe as daar meer inligting is as in die berig, gaan ek my slim hou en stel dat dit diefstal was en nie roof nie.

Lee ·

Ag soms weet ek ni of mens moet lag of huil ni. Wel as dinge aangaan soos dit doen met die ekonomie sal ek ook n bank moet roof.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.