4 vas oor miljoene rande se bedreigde plantspesies

Die bedreigde plante wat aan die polisie verkoop is. (Foto: Verskaf)

Die polisie in die Noord-Kaap het vier mans in hegtenis geneem nadat hulle in die besit van bedreigde plantspesies ter waarde van sowat R2 miljoen betrap is.

Brig. Mohale Ramatseba, woordvoerder van die polisie, het in ’n verklaring gesê die verdagtes is in hegtenis geneem toe hulle Saterdag omstreeks 03:00 bedreigde plantspesies op die N7 in die Namakwa-distrik onwetend aan polisiebeamptes verkoop het.

Die plante se verkoopprys was R600 000, het Ramatseba verduidelik.

Volgens Ramatseba is drie van die verdagtes van Kamieskroon en die ander van Leliefontein naby Kamieskroon in die Namakwa-distrik.

Die verdagtes, onderskeidelik 19, 29, 35 en 37 jaar oud, sal na verwagting Maandag in die landdroshof op Springbok verskyn op aanklagte van die oortreding van die Noord-Kaapse Natuurbewaringswet.

Die bedreigde plante wat aan die polisie verkoop is. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Leon ·

Agge nee MM. Gee darem vir ons n idee watse plante dit. Op die foto lyk dit na brokkolie…

Kokerboom ·

Kan die plunderaars ASB die swaarste straf moontlik opgele word?
Hierdie is die resultaat van die ANC se jarelange beleid van sentralistiese sosialisme en die realiteit is dit gaan nog erger word. Stel ‘n spesiale afdeling by die Polisie voor

Scalla ·

Sal graag wil weet hoe en deur wie is die spesie se waarde bepaal en wie het dit getel?

Danie ·

Dit is hoog tyd dat die howe vir hierdie gewetenlose stropers en smokkelaars ‘n ordentlike les leer.
Maar die ag shame faktor ……….

Nico ·

Die mense is nie tevrede met ons standbeelde nie nou moet die skaars plante lewe verwoes word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.