4 vas oor renosterhoring, beskermde plante

Foto: SAPD

Vier verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die besit van renosterhoring en beskermde flora.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het gesê die vier mans, onderskeidelik 23, 30, 36 en 46 jaar oud, is Saterdag in Citrusdal in die Wes-Kaap in hegtenis geneem.

Die inhegtenisnemings is die gevolg van ʼn gesamentlike operasie tussen lede van die Malmesbury-veediefstaleenheid, die misdaadintelligensie-eenheid in Vredendal en CapeNature.

Die verdagtes is met renosterhoring en beskermde flora in hul besit betrap. “Die waarde van die items waarop beslag gelê is, moet nog vasgestel word.”

Die verdagtes sal na verwagting Dinsdag in die Citrusdal-landdroshof verskyn.

Foto: SAPD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.