4 vas wat glo skape in Oos-Kaap steel

Die verdagtes op die toneel. (Foto: SAPD)

Vier verdagtes is in hegtenis geneem toe hulle in die vroeë oggendure in die besit van vyf vermoedelik gesteelde skape in die omgewing van Jeffreysbaai in die Oos-Kaap betrap is.

Kapt. Khaya Tonjeni, woordvoerder van die polisie, het in ’n verklaring gesê ’n plaaseienaar het die polisie Saterdag omstreeks 02:00 genader nadat hy verdagte mense op sy plaas naby die R102 opgemerk het.

Volgens Tonjeni is vier verdagtes kort daarna in ’n rooi Mazda Rustler-bakkie op die R102 in die rigting van Jeffreysbaai voorgekeer waarna polisiebeamptes vyf skape agterin die bakkie ingeprop aangetref het. Die diere se pote was met draad vasgebind.

’n Voorlopige ondersoek het polisiebeamptes na nog nege skape gelei wat naby die plaas vasgebind en versteek was. Twee van die altesaam 14 skape het egter omgekom. Die kudde is gesamentlik sowat R53 800 werd.

Volgens Tonjeni staan die verdagtes, almal tussen 20 en 50 jaar oud, nou tereg op aanklagte van veediefstal asook die oortreding van regulasies gedurende die algehele landwye afsondering.

Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Humansdorp verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peetjie ·

Uiteindelik is daar van die mense vasgevat
.. Hoop die polisie kan nog meer opspoor

Jdb ·

Wat van dieremishandeling en betreding van eiendom ook sommer?

Anel ·

En dan word hulle vrygelaat op R10. 00 borg en gesê hulle was net honger. Moet dit nie weer doen nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.