4 vas wat vragmotors op Vlakte glo help plunder

(Skermgreep: Twitter)

Vier mense is in hegtenis geneem wat Maandagmiddag glo betrokke was by die plundering van afleweringsvoertuie in Bishop Lavis op die Kaapse Vlakte.

Video’s wat wys hoe tientalle mense op die vragmotors toesak en dit dan besteel, is op sosiale media geplaas.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, het gesê vier vragmotors wat besig was met aflewerings in die gebied is met klippe bestook en toe is die vrag weggedra.

“Twee van die verdagtes sal van openbare geweld aangekla word en twee vir die besit van gesteelde goedere,” het Rwexana gesê.

Hulle sal in die landdroshof in Bishop Lavis verskyn.

Twee van die vragmotors sou kospakkies na behoeftige gesinne in die gebied geneem het.

Rwexana het gesê die polisie handhaaf ʼn sterk teenwoordigheid in die gebied en is steeds op soek na nog vermeende betrokkenes.

“Bestuurders van vragmotors in die gebied word gevra om waaksaam te wees. Sekere roetes kan ook moontlik gesluit of andersins geraak word weens die situasie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Willem

Maak gereed vir nog sulke voorvalle ,dis die begin die mense werk nie is honger. Amper vergeet ek cele sal dit vinnig stop sit . Ha ha

Eerlik

Dit raak nou belaglik. Hierdie lockdown het groter moeilikheid in die land veroorsaak as die virus self.

Boortor

Keer cele!! Nou gaan julle begin sweet my hoed generaal! Maar jy is seker reg vir die probleempie soos wat julle reg was vir die virus. Ek hou jou amusante spronge dop!

Eragrostis

Die ANC het hierdie kultuur en omgewing van wetteloosheid self geskep. Boonop het hulle hul onvermoë en swak leierskap deur die jare beklemtoon deur nooit regtig doelgerig daarteenoor op te tree nie, dié dat die misdadigers weet die kans dat hulle met hul kriminele aksies sou wegkom, goed is. En hierdie misdadigers is ook goed bewus daarvan dat die menseregte-beleid van die grondwet hulle meer beskerm as die slagoffers s’n. Nou moet wetsgehoorsame burgers, besighede en die ekonomie daaronder ly.

Ruben

Sulke optredes in die tyd moet as terrorisme gesien word.Maar in die land sal jy harder gestraf word as jy gevang word met n pakkie siggarette aan jou as vir n trok kaping.Hulle was mos honger.