4 vragmotors oornag met petrolbomme bestook

Die vragmotor wat op die N7 in die rigting van Porterville uitgebrand het. (Foto: Twitter)

Vier vragmotors is deur die loop van Maandagnag op verskeie plekke in die Wes-Kaap met klippe en petrolbomme bestook. ʼn Vragmotorbestuurder is in een van die voorvalle ernstig beseer.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, het vanoggend gesê ’n vragmotor is gisteraand omstreeks 21:50 op die N2 tussen Lwandle en Somerset-Wes met klippe bestook en aan die brand gesteek.

Daar was ten tyde van dié voorval nie enige insittendes in die vragmotor nie en niemand is beseer nie.

Omstreeks 00:30 is nog ’n vragmotor met petrolbomme bestook. Hierdie keer was dit ’n vragmotor met ’n vrag sement op die N7 in die omgewing van Moorreesburg wat deurgeloop het.

Volgens Africa het twee voertuie die vragmotor van die pad af gedwing waarna dit aan die brand gesteek is. Die vragmotor het heeltemal uitgebrand. Dit is nie duidelik of iemand in dié voorval beseer is nie.

Kort daarna is ʼn vragmotor op die N7 in die rigting van Porterville omstreeks 01:07 met petrolbomme bestook. Die bestuurder van die vragmotor het voor die voorval van die pad afgetrek om te slaap en het ernstige beserings opgedoen toe die vragmotor geteiken is. Die bestuurder is vir mediese behandeling na die Piketberg-hospitaal gehaas.

Die vierde vragmotor is omstreeks 02:00 op die N7 by Piekenierskloofpas geteiken. Dié vragmotor, met ’n vrag hoenders, is aan die brand gesteek.

Africa sê daar is ook petrol oor die bestuurder van die vragmotor uitgegooi. Die bestuurder is nie aan die brand gesteek nie en is ongedeerd.

Die polisie ondersoek die onderskeie voorvalle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Lolla ·

Het die trokke nog nie geleer om nie meer deur die nag te ry nie?

Uilspieel ·

Dit moenie gebeur nie. Bewapen die bestuurders en laat hulle die rook iit hulle skiet. As hy dink hy tel ń klip op moet sy kop ontplof

Liezl ·

Nou wanneer moet die arme mense ry. In die dag word hulle uitgekryt van ander padgebruikers en in die nag word hulle geteiken

Kallie ·

Stem saam lolla, ons kan nie normaal lewe in abnormale tye nie. Ons sal moet aanpas want ons is nou in ‘n lae intensiteit oorlog zone.

@Bollabek ·

As ek reg gelees het, het bestuurder afgetrek om te slaap!

Nettie ·

Ja, Lolla, die trokkie moenie meer deur die nag ry nie. Duidelik het jy nie ‘n “clue” hoe die kompeterende vervoer industrie werk nie, want daar is iets soos logistieke bestuur wat vereis dat sekere optel/aflaai datums en tye GEHAAL MOET WORD, ten alle koste, want TYD IS GELD.

En buitendien, BAIE trokke en trokbestuurders word geteiken waar hulle snags OORNAG, by verskeie vulstasies of langafstandvervoer-rusplekke. Of hulle word geteiken in die vroeë oggendure wanneer hulle begin regmaak om weer “die pad te slaan”.

Louise van Deventer ·

Lolla, jy verstaan nie. As hy vanaand langs sy roete kom nog vêr van sy bestemming af waar moet hy slaap? Hy moet teen n sekere tyd op n sekere plek wees, daarom agterryers. Hulle stoppe, spoed, alles, word gemonitor deur tracking sisteme. Hulle moet ry, hul orders word gegee, die drywers maak nie die reëls nie. Ek het die WÊRELD se tyd en respek vir daardie mense

Kerneels ·

Soos Kallie sê, in ‘n oorlogzone is niks normaal nie. Ons kan nie aangaan asof daar niks daarbuite gebeur nie. Besighede moet aanpas of skade lei, en sterftes

JR ·

Die wat so baie geld aan die politiekke partye skenk seker want wat anders omkoop geld werk mos altyd

Celia Tjaden ·

Maroela, wat het regtig gebeur op Graskop? Is dit waar dat toeriste van Israel verkrag is? Ons vertrou Maroela vir die nuusdekking.

Erika ·

Die mense wat agter hierdie onluste sit moet van bo af uitgeroei word. Ek glo die mense wat dit uitvoer is net pionne!
Hulle stuur ons land oor die afgrond, maar daar is mos nie pille vir hulle nie, wat nog te sê breins.

Liezl ·

Ek stem, Erika. Alle mense wat ‘n krimineel optree, word of betaal of daar is iets vir hulle daarin. Jy gooi nie verniet ‘n petrolbom of vermoor verniet nie. Mense is te geldgierig. Hy vra eers hoeveel word hy betaal voor hy dit doen.

Oujongvrou ·

Sê ek net vanmore vir my man. Hulle word gehuur. Wie gaan sit en maak petrolbomme en dan ry jy deurnag van een plek na die ander en gooi trokke daarmee. Trok drywers sal bewapen moet word. Nou is hulle weerloos teen skurke. Al wat hulle wil doen is hulle werk.

Frikkels ·

Die trokke is veronderstel om enige tyd van die dag of nag, veilig te kan ry. Van wanneer af moet wetsgehoorsames die knie buig voor kriminele!? As daar net vervolging kan plaasvind en minder polisie kantore wat saans hulle deure toemaak om te slaap, en patrollies ry soos hulle moet, kan die dinge voorkom word.

Andre Coetzee ·

In my dae was ons opgelei in onluste beheer en stedelike ontplooing. Ek onthou veral 93 met die moord op Hanni.Ons was in die townships ontplooi om onluste te verhoed ens. Ons was soldate maar het met ystervuis kalmte en vrede afgedwing.Daar was nie van maak soos jy wil,plunder,brand,roof,skiet en moor nie.Ons was gereed vir hulle en enige terugslaan van enige kant.Vandag sit ons sonder ‘n polisie wat kan…’n weermag wat weet hoe en ‘n regering wat onbevoeg is.Die Veterane van die ou SA weermag gaan dalk weer moet opstaan en bymekaar kom.Dit is chaos en die mense moet uitgesorteer word.

Neels ·

Dit was ander tye. Die regering was in beheer en die veiligheidsmagte het opdragte uitgevoer. Die huidige regering het beheer verloor. Die veiligheidsmagte sal doen wat hulls wil en dit kom neer op ‘n staatsgreep. Terloops, die gemiddelde ouderdom van die SAW veterane is 55. Die meeste sal bloeddruk en hartpille moet saambring. Die rumatiek en atritus mag dalk ook pla.

Jimmy ·

Is jy werklik bereid om die ANC regering te dien onder die nuwe vlag? Hulle het die gemors geskep. Hulle moet dit nou oplos.

Maljan ·

Andre dis omdat gesig koop onder die kiesers en regstellende (ek dink dit moet teen die tyd al verkeerdstellende aksie of oorkompensasie genoem word) aan die orde van die dag is. Daar is nie eers meer keuring of opleiding nie. N spul freeloaders in 80% van die gevalle. Wat siekes, kruppels en oorgewig insluit. So opgeneem in die magte. Hulle het nie in die magte siek kruppel of ver geword nie.

Rooi Jan ·

Hel André ek is soos jy een van daai veterane en ek moet se die kop/gees is gewillig maar ek dink die vlees gaan maar sukkel.

Leon ·

Hierdie aanvalle is nie soseerop buitelanders gerig nie. Dit is gerig om Cyril Ramaphosa se regering te de-stabliseer. Nie net buitelanders word geteiken nie. Suid Afrikaanse burgers word ook geteiken. Die regering (ANC) se Chinese pêlle word nie geteiken nie. Dit moet vir jou ‘n teken wees dat dit nie om buitelanders gaan nie maar om Cyril se regering tot ‘n val te bring.

SOS - Help ons asseblief! ·

Suid-Afrika is een groot massiewe misdaadhool. Die naweek is ‘n Israeliese toeris herhaaldelk verkrag in Graskop. Mense is vermoor, aangeval en vermink. En word nog steeds vermoor, aangeval en vermink. Die kriminele het heeltemal oorgeneem en regeer die land. Gruwelike huisaanvalle het drasties toegeneem en is buite beheer. Niemand is meer veilig nie, nêrens nie. Wees uiters versigtig en neem alle voorsorgmaatreëls om jouself en jou geliefdes te beskerm. Misdaad regeer SA. SOS – Help ons asseblief!!

Hoenser ·

Geen woord enige plek oor die Graskop misdaad nie. Is dit omdat daar nie nuusdekking was nie of stel niemand belang nie? Dis dan so n rustige ou dorpie.

HC ·

Vragmotor-chaos ‘knou ekonomie’
CR behoftes as Suid-Afrika se ekonomiese beter moet groei maar daar is teveel geteiken en teveel geweld en die dorp aan die brand gesteek…

Gerrit ·

Hoe lank nog voor hul die woonbuurte binnevaar en inwoners verdryf?? So maklik, want:

1) Regering sal niks doen nie
2) Inwoners sal niks doen nie

Anoniem ·

Neem die bloulig brigades en BBP sekuriteit weg by die politici en laat hulle die vragmotors begelei.

Rooi Jan ·

Uitstekende idee!! Daar behoort oorgenoeg van hulle te wees met karre wat heeltemal kapabel is om teen hoë spoed te reageer en als. Hulle kan selfs vir die mees senior ministers en die twee presidente een kar elk los en steeds spaar kapasiteit te hê.

Stiks ·

Maak alle townships skoon van alle soorte wapens. Moenie wag tot more nie

Frik ·

Moenie verbaas wees indien die meerderheid onwettige wapens in middelklas woonbuurte versteek word nie, asook herehuise in sekuriteitsoorde. Wie gaan ryk mense nou verdink? Hier is dinge aan die gebeur wat ons almal sal skok.

jeanette visser ·

Ek weet nie wie van julle het die video clip gesien van die ou wat begin losbrand het op die klomp “looters” nie, maar dit is maar seker wat ons almal wat nog kan, moet doen om jou huis en besittings te beskerm. Wel oppad werk toe of winkels toe is ‘n ander storie ons hande is afgekap. Die arme ou gaan nou seker weer tronk toe WANT hulle menseregte of wat ook al dit genoem word is geskend. SA is ‘n sirkus met sy wetteloosheid en sal nooit weer dieselfde wees nie, dit is nou ‘n saak vir gebed

Johan ·

Hierdie anargie moet onmiddelik deur die regering uitsorteer word met die VOLLE gewig van die wet! Dit is absoluut onaanvaarbaar, en dit lyk vir my die regering praat net. Maak n plan en maak hom gou!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.