40 besware teen verkiesingskandidate

Só gaan die nasionale stembrief op 7 Mei 2014 lyk Grafika: OVK (elections.org.za)

Só gaan die nasionale stembrief op 7 Mei 2014 lyk Grafika: OVK (elections.org.za)

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het sowat 40 besware ontvang teen verkiesingskandidate vir die Nasionale Vergadering en provinsiale wetgewer.

“Dit is nog nie moontlik om te bepaal hoeveel kandidate hierby ingesluit is nie, aangesien die besware nou geprosesseer word,” het Kate Bapela, woordvoerder vir die OVK, Woensdag gesê. “Sommige van die besware hou verband met meer as een kandidaat en dit is moontlik dat meer as een beswaar aangeteken is vir dieselfde kandidaat.”

Die sperdatum vir die besware was Dinsdag om 17:00.

Kragtens die Verkiesingswet kan enigiemand, insluitend die hoof verkiesingsbeampte, beswaar aanteken teen ʼn kandidaat se nominasie.

Die OVK sal alle besware oorweeg en dan Maandag teen 17:00 die persoon wat die beswaar aangeteken het, en die betrokke party in kennis stel van sy besluit.

Bapela het Woensdag gesê sodra die OVK sy besluit gemaak het, moet appèl teen die besluit voor 10 April by die OVK ingedien word. Die finale sperdatum vir besluite is 15 April.

“Die hoof verkiesingsbeampte moet die verkiesingshof teen 22 April 2014 van alle besluite in kennis stel,” het sy bygevoeg. “Sertifikate sal teen 24 April aan kandidate op die finale lys uitgereik word.”

Die landbou-unie TLU SA en die Instituut vir Verantwoordbaarheid in Suider-Afrika (IFAISA) het altwee beswaar aangeteken teen pres. Jacob Zuma se posisie op die lys van ANC-kandidate. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.