40 dae beurtkragvry

Eskom se Matla-kragstasie. (Argieffoto: Eskom)

Altesame 40 dae. Dit is hoe lank Suid-Afrikaners nou al beurtkragvry is.

Eskom sê beurtkrag bly opgeskort danksy voortgesette verbetering in opwekkingsprestasie.

Die kragvoorsiener sê oor die afgelope paar weke was daar ʼn volgehoue en aansienlike verbetering in die voorkoming van onbeplande instandhoudingswerk, wat volgens hom te danke is aan die sukses van sy operasionele opwekkingsherstelplan wat in Maart verlede jaar in werking gestel is.

Volgens Eskom is daar al hoe minder onbeplande instandhoudingswerk in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar. Vanaf 26 April tot nou, is onbeplande instandhoudingswerk met tot 4 400 MW verminder – van 15 523 MW tot 11 035 MW.

Daar was volgens Eskom ook geen toename in die gebruik van oopsiklus-gasturbines in die eerste week van Mei nie.

Die vermindering in onbeplande instandhoudingswerk het ook ʼn positiewe uitwerking op die energiebeskikbaarheidsfaktor. Dié faktor staan sedert 29 April op meer as 60% en het op 1 Mei die 65%-kerf gehaal.

Op ʼn jaargrondslag staan die syfer op 58,99%, volgens Eskom ʼn “noemenswaardige verbetering van die 53% waarop dit dieselfde tyd verlede jaar gestaan het”.

“Namate die betroubaarheid van die opwekkingsvloot verbeter, word die kans gebruik vir korttermyn-instandhoudingswerk,” sê Eskom. Die kragvoorsiener sê ook die surplusaanbod in vergelyking met die vraag na krag gaan operasionele herstel verder bevoordeel met die winter wat voorlê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Manie ·

Hoeveel diesel is tydens die afgelope 40 dae verbrand en teen welke koste? Die verkiesings foefie sal weldra iets van die verlede wees.

Marnelle ·

In verskeie gebiede in Gauteng is daar weliswaar nie beurtkrag nie…. daar is net bloot nie krag nie. Dit is somtyds soos ‘n outydse 80s disko… aan en af… aan en af…. So die netwerk is nie stabiel nie en beurtkrag word net bloot nie meer “genoem” nie. Gebiede is Heidelberg, Alberton, KLiprivier, MEyerton…. Beslis nie stabiel nie….

Marthinus Johannes ·

Yep, Hou maar dop, binned n week na die verkiesing is daar weer beurtkrag. Dan breek Al wat n turbine is.

etienne ·

Dink die cANCer en die min van Elekt, die publiek is stupid. net noudie dag het hulle gese dat die volgende paar jaar se diesel begrotings reeds verbrand is. Elkgeval, wag tot die 30ste Mei, dan praat ons weer.

Republikein in die Wes Kaap ·

Eskom verloor klante wat werk aan hul eie krag oplossings.

Daisy ·

My opinie – al meer mense begin vir hulself sorg deur middel van sonkrag en Ekom gaan al hoe minder moet voorsien

Samuel ·

Beurtkrag vry? Dit is slegs ‘n verkiesingsfoefie!! Van 1 Junie sal die beurtkrag weer inskop.

Vriendelike Frikkie ·

My senuwees kan dit nie meer hou nie. Elke oomblik verwag ek hulle gaan weer beurtkrag instel. Ek is nou al by daai punt dat elk wens hulle wil weer beurtkrag instel… Ek kan nie die hele maand se elektrisiteit bekostig nie.

Di ·

Dis niks om oor dankbaar te wees nie. Daar behoort glad nie so iets soos beurtkrag te wees nie, punt!

Anel ·

Wie probeer hulle bluf??? Howkom het hulle dan al voorsiening gemaak vir fase 16? Kyk maar hoe gaan die krag nie aangaan nie op 30 April!!! Hoe dom dink die lot is die publiek?? Almal weet dit is ‘n verkiesing foefie!!!

domheks ·

Ha-ha-ha.. kom ons kyk na die verkiesing of hy nog so spog. Die meeste mense maak gebruik van sonkrag – hulle sal dit aan hul inkomste voel. Maar die winter le nog voor …

koos10 ·

Al waarmee julle kan spog is dat die vraag laer is, danksy duisende wat miljoene op solar spandeer het, en dat julle Eskom se hele jaarlikse begroting, wat op 1 April begin het, binne 2 maande kan spandeer aan diesel. Na 29 Mei is dit heelmoontlik iemand anders se probleem.

Gert ·

Ek sal dit wragtigwaar so geniet indien die krag vir teminste 12uur nasionaal in duie stort met verkiesings dag. Sommige sal wakker word en ander sal dink dit is n teken dat die ANC alreeds hul oorwinning bekend maak.

Daisy ·

En hoekom spandeer hulle dan R325 000 per kragopwekker vir drie ministers?
Lees die berig op MM “Byna R1 miljoen spandeer op kragopwekkers vir ministers”
Ek moet ook byvoeg – dankie dat dit vir ons moontlik was om ‘n Sonkragstelsel in te sit. Beurtkrag gaan ons beslis nooit weer pla nie.

Leeubekkie ·

Vriendelike Frikkie en Marnelle, julle het my nou lekker laat lag. Maar ja, as ons nie lag nie , gaan ons almal huil.
Jip, 30 Mei is ons seker fase 16, waarvoor hulle alreeds gereedmaak….

George ·

Gaan nog 21 dae sonder beurtkrag wees, en dan Mei 30, die dag na verkiesing, kom dit weer terug.

Daisy ·

@George
Met ander woorde wat jy se is elke ou wat Solar insit brag daaroor?
Ek het hard gewerk daarvoor, ek het dit nie verniet gekry nie, dis my keuse om ‘n ouerige voertuig te ry en my man se bakkie is al oor die 20 jaar oud, ons gaan nie met duur vakansies nie, het nie meer kinders in die huis nie en verkies om geld te spandeer om ons lewe te vergemaklik. Jammer as daar mense is wat nie daarvan hou nie. Elke mens spandeer sy geld op sy eie manier.
Krag gaan onbekostigbaar duur word, as dit gereeld beskikbaar gaan wees.
O ja, nog ‘n brag – ons het nou twee watertenks vir water opgaar. Daar gaan aan die Lesotho water projek gewerk word en dan gaan daar dorpe wees wat nie water het nie

Manie ·

Mooi gesê Daisy, sommiges sal egter “pre 94” die skuld gee dat dit goed gaan met jou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.