40 gesinne kry huise ná ampswoning verkoop is

Die voormalige burgemeesterswoning in Muckleneuk in Pretoria. Foto: DA

Solly Msimanga, burgemeester van die Tshwane-metro, het Donderdag gesê die geld wat gemaak is uit die verkoop van die burgemeestersampswoning sal gebruik word om ten minste 40 huise vir behoeftige inwoners in Pretoria te bou.

Die ampswoning is op 23 November 2017 vir R5,1 miljoen op ʼn veiling verkoop. “Ek is bly om aan te kondig dat die geld wat gemaak is gebruik sal word om sowat 40 RDP-huise wat grond en dienste insluit te bou vir gesinne in Atteridgeville uitbreiding 19, waar die stad tans erwe diens,” het Msimanga gesê.

Msimanga het die aankondiging gemaak tydens sy 2018-stadsrede. “Die besluit om die ampswoning te verkoop was maklik. Ons het die ware voordele van dié tweeverdieping-, vierslaapkamerhuis wat net een gesin baat en soms gebruik word vir vergaderings, opgeweeg teen om ʼn dak oor gesinne se kop, grondeienaarskap, ʼn bategrondslag en waardigheid vir gesinne te gee. Gesonde verstand het geseëvier,” het Msimanga gesê.

Msimanga het ook gesê die voordele daaraan verbonde om die ampswoning te verkoop strek verder as die voorsiening van huise aan 40 gesinne.

“Ons verskaf nie net huise aan verdienstelike gesinne nie, maar dra ook by tot werkskepping omdat die konstruksie van die projek sal bydra tot indiensneming in die gemeenskap en plaaslike gesinne sal baat.”

Hy het gesê wanneer die huise geallokeer word, sal die raad voorkeur gee aan bejaardes, mense met gestremdhede en huise waar kinders aan die hoof van die huis staan. Die sosio-ekonomiese omstandighede van die gesin sal ook in ag geneem word.

Die Tshwane-metro het vroeër toegegee dat die R12 miljoen wat deur die voormalige administrasie gebruik is vir opknappings aan dié huis nie teruggekry kon word nie.

ʼn Waardering wat ná Kgosientso Ramokgopa, voormalige burgemeester, daar weg is gedoen is, het egter aangetoon dat die huis net R5 miljoen werd was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Dankie ·

Dit is fantasties, hoop regtig mense van alle kleure wat sukkel en nie huise het nie word in ag geneem met die toekenning van die 40 huise.

Vytjie Molefe ·

From your lips to God’s ears…
Wat ‘n positiewe artikel om vir ‘n verandering te lees.

Staan by ·

Well done!!!!! Ek haal my hoed vir jou af. Puik voorbeeld vir die res, wat ongelukkig nie jou voorbeeld sal volg nie, jou blad sal ek skud.

amelia ·

n Baie mooi gebaar, maar ek glo dit sal net swart wees. Onthou blanke mense is ook gebreklik en sukkel ook. Maar as daar dan huise moet gebou word, maak tog seker dat dit aan gebreklikes se behoeftes voldoen. Ook dat daar darem n bad en toilet is. Want orals bou die ingeligtes huise maar geen toilet is in sig nie. Hoe moet gebreklikes dan by toilette uitkom? Ek meen n gebreklike mens wil nie buite toe loop om n puttoilet te gebruik nie. Kyk ook asb dat die huise se dakke en mure darem bestand is teen wind en die res anders maak jul weereens net groter probleme vir julself.

Ella ·

Wat kan gebou word met R127 000? Wie kyk dat elke sent wel na die projek gaan?

Hendrine ·

Ek hoop van harte dat dit die begin van meer sulke bewegings is. Politieke partye moet ophou baklei ondermekaar en liewer op grondvlak mense help om in beter omstandighede te woon. Elke mens verdien ‘n basiese huis met basiese badkamergeriewe. Dit sal spanning tussen mense verlig. Hou op om vingers na die verlede te wys en fokus op ‘n beter toekoms.

Tammy ·

Ek stem saam met Ella. Wat is die kanse dat die geld 100% aangewend gaan word vir wat hulle se?
Daar is soveel stories wat die rondte doen oor 4300 plase wat aan boere behoort het wat nou in regeringsbesit is, is dit waar? Kan Afriforum of iemand nie in hierdie aangeleentheid ingaan nie? Hulle wil net onteien en vat en he maar waar is die beheer????

Lerato ·

Tammy
Msimanga is n DA leier. Hy is nie deel van ANC wat oor die plase besluit nie

snoefie ·

is 40 rdp huisie regtig die beste wat jy kan doen sollie?

Theuns ·

My vraag: R12.7 mil spandeer aan opgradering en dan verkoop vir R5.1mil. Iewers klink iets nie reg. So kasarm van luukse huis vir die skamele bedrag. Wonder wie is die koper/nuwe eienaar van die winskopie? En dan wat bou jy vir R127 000? ‘n Enkel garage kos deesdae amper soveel.

DA ·

Soveel negatiewe komentaar op so ‘n positiewe artikel wat is vout met julle? Amelia wat bedoel jy met “gebreklik”? Hierdie is dood gewone hawelose mense.

MOOI SO ·

Stem met DA – in plaas van bly wees oor so positiewe stap is daar die gewone klakouse en rusbankritici wat ‘n eiertjie te lê het. MOOI SO SOLLY. Laat hy gee vir wie hy wil, ten minste doen hy iets.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.