40 km se kabels by Transnet gesteel

(Argieffoto: pixabay)

Transnet Freight Rail (TFR), Transnet se spoorvragafdeling, het die afgelope twee weke ʼn drastiese toename in kabeldiefstal en vandalisme by hul spoornetwerke ervaar. Minstens 152 kabeldiefstalvoorvalle is aangemeld en meer as 40 km se treinkabels is in die proses gesteel.

Volgens Transnet blyk die diefstal- en vandalismevoorvalle goed gekoördineer te wees – waar groot groepe van 20 tot 25 mense op spoorweginfrastruktuur toeslaan. Die groep boewe is dikwels gewapen en sal nie huiwer om geweld te gebruik nie.

Die diewe teiken veral die treinkabels, wat noodsaaklik is vir die doeltreffende werking van die treine.

Volgens Sizakele Mzimela, uitvoerende hoof van Transnet Freight Rail, is sy bekommerd oor die toename in diefstal omdat dit ʼn ernstige impak op Transnet se bedrywighede het. Transnet moes intussen ook al van sy treindienste opskort, wat vertragings in die aflewering van goedere tot gevolg het. Só belemmer dit ook Transnet se vermoë om doeltreffende dienste aan sy klante te lewer.

“Veiligheid is vir ons van groot belang; ontbrekende en beskadigde infrastruktuur kan gevaar vir die  treindrywer inhou aangesien die stelsel onstabiel raak. Ontsporing is dikwels ’n direkte gevolg van diefstal. So ʼn geval is Woensdag in die Pretoria-omgewing aangemeld. Gelukkig is niemand in die voorval beseer nie,” sê Mzimela.

Mzimela sê ʼn volhoubare oplossing vir die diefstal van treinkabels en die beskadiging van infrastruktuur is nodig.

Enigiemand met meer inligting oor kabeldiefstal word aangemoedig om hul naaste polisiestasie te kontak.

Transnet moedig ook lede van die gemeenskap aan om enige verdagte aktiwiteite aan te meld deur hul blitslyn by 0800 003 056 te skakel of ’n e-pos aan [email protected] te stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Samuel ·

BEE aanstellings, swak sekuriteit en gebroke, hopelose polisiemag, is die oorsaak van al julle probleme.

Wielspore ·

Ek stel voor, verlaat bietjie die kantoor en raak pro-aktief betrokke by kabel diefstal, gaan besoek die plekke waar diefstal plaasvind, besoek skrootwerwe in die omgewing. Dit is sommer nonsense om agter ‘n rekenaar te sit en skryf dat die verantwoordelikheid by iemand ander lê. DIY – Do It Yourself

mattk ·

Net nog n bewys van die ANC se onbevoegdheid. Slaan toe op al die skrootthandelaars, maar ja, die ou intelligensie werwing en insameling van inligting in die huidige SAP bestaan nie. Baie geluk aan die ANC en veral Bekkie Celle met sy onvermoeë om orde te handhaaf. Mnr. De Ruiter het by Eskom bewys wat gedoen kan word as die regte persone aangestel word/in beheer is. Lank lewe rassisme.

jou gewete ·

daars geen rassisme betrokke by aanstel van bevoegde mense in poste. Dit noem mens finansiele logika

jou gewete ·

daars n maklike oplossing vir hierdie en massas soortgelyke probleme. stp kriminele se regte en reg tot regsverteenwoordiging. Bring doodstraf terug. maak tronke weer tronke waar hande arbeid verrig word en kos bestaan uit n blikbord met mielierys en geen parool. geleentheid vir verdere opleiding beperk tot aandklasse na dag se werk. Gou Gou sal alles verander

Gert ·

Daar was n volhoubare oplossing gewees. Dit was die spoorwegpolisie genoem met mense wat hulle werk ordentlik gedoen het

Barney ·

En ou Fakile dink hy gaan ń sneltryn bou tussen Johannesburg en Durban? Wanneer laas was hy by Jeppe of Johannesburg stasie? Hulle kan nie eers hul bates beskerm wat hulle verniet gekry het nie.

Blomme ·

Het Suid Afrianers regtig hul varkies verloor? Heeltemal koekoeks… Hulle behoort al die skurke in ń gestig te gooi en die sleutels iewers te gaan begrawe. Hulle is ń gevaar vd samelewing en bowenal vir hulself.

Willem ·

Watse treindienste is opgeskort?Daar loop nie meer treine elk geval nie!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.