Nagenoeg 40 mense het Maandag ternouernood aan die dood ontkom toe hulle uit ʼn brandende bus in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, ontsnap het.
Volgens Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het die bus in Edandaleweg gery toe dit aan die brand geslaan het.
“Gelukkig kon al die insittendes uit die bus kom voordat dit heeltemal in ligte laaie was,” het Bodasing gesê. Sy het gesê slegs drie mense het geringe beserings opgedoen en het hospitalisering geweier.
Die brandweer het die brand geblus en die oorsaak van die brand word ondersoek.