Owerhede in Mpumalanga het oorlog verklaar teen onwettige mynboubedrywighede in dié provinsie en Dinsdag ʼn deurbraak gemaak deur 40 vermeende onwettige myners in hegtenis te neem.
Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, provinsiale woordvoerder van die Valke, het gesê die sukses spruit uit ʼn gesamentlike poging deur verskeie rolspelers onder die vaandel van Operation Precious Metals.
Die rolspelers sluit in die Valke, verskeie eenhede in die polisie en die departemente van omgewingsake, natuurbewaring en minerale hulpbronne.
Operation Precious Metals, wat vandeesweek van stapel gestuur is, se doel is om onwettige mynbou te bekamp en die gemeenskap en omgewing te beskerm.
“Altesaam 40 onwettige myners, tussen 17 en 43 jaar oud, is tydens een van die pogings by ʼn ou goudmyn naby Waterval-Boven in hegtenis geneem. Die meeste van die verdagtes is van buurlande afkomstig,” het Sekgotodi gesê.
Die verdagtes sal na verwagting Woensdag almal in die Waterval-Boven-landdroshof verskyn op aanklagte van onwettige mynbou en betreding. Van die verdagtes sal ook aangekla word insake die Wet op Onwettige Immigrasie.
In nog ʼn poging wat Dinsdag in die Barberton-omgewing uitgevoer is, het die polisie op drie ongebruikte myne toegeslaan. Die spanne het beslag gelê op gereedskap wat onwettige myners gebruik om mee te myn.
“Die verdagtes het gevlug toe hulle die polisie sien aankom, maar die pogings en ondersoeke duur voort om dié bedrywighede stop te sit,” het Sekgotodi bygevoeg.
En dan moet ek jammer voel as die kriminele vas sit, en ons tax payer se geld gebruik om hulle te red?
Stuur hulle terug waar hulle vandaan kom!
En langs Main reef road Roodepoort word openlik gemyn en verwerk sonder enige optrede van SAP want dis waar hulle ook deel in die profyt
Alweer buitelanders wat vrylik in SA rond beweeg
Stuur hulle terug van waar hulle kom. Dit is die enigste uitweg. Daar is nou sprake dat van die prisoniers vrygelaat gaan word want die tronke is te vol. Weer nie vooruit beplan soos met die skole nie.
Soos dit nou gaan plunder die hele Afrika die land, ons wild deur stropers, bankrekenings deur intenet bedrog, edelmetale deur onwettige myners en dan ons eie betogers wat brand en plunder en moet nie vergeet van die grondgrypers nie. Binnekort bly net ‘n swartgebrande gat oor!