40 siek ná hulle kos by begrafnis eet

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Monsters van kos en water – wat by ’n begrafnis in die Kagiso-nedersetting in Gauteng bedien is – is vir toetsing ingesamel nadat sowat 40 begrafnisgangers byna gelyktydig siek geword het. Twee moontlike sterfgevalle is tot dusver aangemeld.

Volgens Kwara Kekana, woordvoerder van die Gautengse departement van gesondheid, is ’n begrafnis op Saterdag 13 November vir ʼn bejaarde vrou in Kadima-straat in Kagiso gehou. Die kos is omstreeks 11:00 bedien.

“Berigte is ontvang dat van die begrafnisgangers ure later, omstreeks 16:00, gekla het van diarree en braking,” bevestig Kekana.

Kekana sê teen die Sondagaand was daar gerugte dat agt begrafnisgangers simptome van braking en diarree getoon het en dat een gesterf het.

Teen Donderdag was daar altesaam 29 aangemelde en geverifieerde gevalle wat in openbare sowel as private fasiliteite opgeneem en behandel is. ʼn Bykomende 11 ongeverifieerde gevalle, asook nog ʼn moontlike sterfte, is tot dusver aangemeld.

“Die distriksgesondheidsdienste wag vir die verslag van die nadoodse ondersoek om die oorsaak van die twee se dood te bevestig.”

Die uitslae van die toetse van die water en kos is steeds uitstaande.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Elize ·

Ek het verstaan geen kos of drinkgoed by begrafnisse. Of geld dit nou weer net vir sekere groepe.

Anel ·

Ons hou begrafnis en gee eet en drink goed na die tyd. Ons het selfs na ons Kerssangdiens eetgoed bedien en lekker gekuier.

Anel ·

Die siekes en dooies gaan seker ook nou by die virus getalle getel word!

Belinda ·

Dog daar mag nie “after-tears” partytjies gehou word nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.