400 poste by KPMG gesny

KPMG-twitter

Foto: @SADN_Diaspora/Twitter.com

KPMG Suid-Afrika het Maandag aangekondig dat tot 400 werknemers binnekort hul werk sal kwyt wees aangesien dié beleërde ouditfirma van plan is om sekere streekskantore te sluit.

Volgens die maatskappy sal poste ook besnoei word, aangesien hy ʼn nuwe fokus met sy raadgewende besigheid beplan en interne sakeondersteuning gaan afskaal om sy kleiner voetspoor te reflekteer.

KPMG het gesê die leierskapsveranderinge sal beteken dat ʼn aantal senior vennote van oor sy internasionale netwerk oor ʼn uitgebreide tydperk in die maatskappy se raad en uitvoerende posisies, asook senior kliëntediensposisies, ingetrek word.

Nhlamulo Dlomu, uitvoerende hoof van KPMG Suid-Afrika, het gesê hierdie moeilike besluit is nodig om die maatskappy op ʼn meer volhoubare pad te plaas.

“Ons stel nou gehalte en integriteit as die kern van ons besigheid en van nou af sal die maatskappy daarop fokus om minder goed beter te doen. Ek is vol vertroue dat ons die regte stappe gedoen het om die besigheid te hervorm. Nou het ons tyd nodig vir hierdie veranderinge om pos te vat,” het Dlomu gesê.

KPMG het oor die afgelope tyd byna op ʼn weeklikse basis kliënte verloor nadat die firma in omstredenheid gedompel is oor oudits wat dit vir die Gupta-familie gedoen het en ʼn verslag wat dit vir die Suid-Afrikaanse Inkomstediens saamgestel het oor ʼn valse geheime eenheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

marous ·

As die ekonomie vou ( soos wat almal weet reeds gebeur het ) is die eerstes wat sonder werk sit ouditeure . Die realiteit slaan nou deur en almal duik van die skip af en swem in sirkels want landwaards is daar net ‘n gat….

Eish ·

Tragies om die minste te sê.
Bloemfontein se kantoor groet ook.
Jammer vir die klerke wat kontrak geteken het.
Weereens n bewys van hoeveel waarde daar in n naam is.

Probleem ·

KPMG se bestuur het verkeerd opgetree, maar almal het op hulle neergesak soos vultures . en almal het lekker gekry toe hulle vasgevat is .. EN NOU?? Nou verloor 400 onskuldige mense hulle werk . maar so is dit maar in die lewe ne, solank dit jou net nie tref nie is alles ok. Binnekort is dit die myne . dan die staalbedryf . hier kom nog ‘n geween en ‘n gekners van tande en die regering fokus NET OP PLASE .. nie een werkskeppingsprojek nie ..

Wessel ·

Die regering kan nie volhoubare werk skep nie, net die privaatsektor kan, en die privaatsektor se behoeftes, word deur die staat geignoreer.

Skepties ·

Neewat Probleem, KPMG was verantwoordelik vir baie meer werksverliese as gevolg van hulle onvergeefbare blinde oog vir korrupsie.

wens ·

bolle! staatsamptenare dreig gereeld maatskappye wat volgend hulle nie genoeg (swart) hoë pos bekleërs het nie om hulle te kpmg. wat neerkom op rassistiese benadeling. mag die anc maai wat hulle saai.

Hm ·

En so word nog talle onskuldige mense se lewens verwoes te danke aan die Gupta familie (en KPMG se integriteit) ons het 2jr terug deurgeloop by die myn retrechments agv die konneksie met d Guptas (en Eskom se integriteit) . Ek kan net sê glo, en bid aan daai families, mens kom weer ander kant uit, dalk nie soos voorheen nie maar jy leer die klein goed in die lewe weer waardeer.

Afrikaanse Knaap ·

Dit kom daarvan as jy inval by die regering se belaglik en bespotlike plan om mense gebasseer op kriteria alles behalwe meriete aan te stel.

Lunsriem ·

Voorspelling! Die meerderheid van die persone wat hul werk verloor sal wit wees en niemand van die topbestuur onder wie se oog die onreelmatighede plaasgevind het, sal geraak word nie.

Johan ·

Ja ek glo die hele Gupta sage het sy tol ge-eis. Maar moet in die proses van aflegging, nie die hele kwessie van VERTEENWOORDIGING en TRANSFORMASIE onderskat nie. Diegene wat oorbly, gaan meerendeels die voorheen benadeeldes wees wat mos deesdae voorkeur kry met aanstellings. Maatskappye moet mos transformeer en die demografie van die bevolking weerspieel.

Elders geskep ·

Moet nie bekommerd wees nie, hierdie poste word eenvoudig weer opgeskep deur die audit firmas wat eties is en nie korrupsie miskyk nie.

Vra maar net ·

Wat word nou van die mej Heelal/ wêreld. Sy het mos haar klerkskap by hulle gedoen? Of sit ek die pot mis

Gemaskerde Sopbeen ·

Dit bly pateties swak dat die morele kompas en onvermoë van topbestuur die toekoms bepaal van die hardwerkende, opkomende, jong gegradueerdes wat eintlik AL die werk doen, volgens die voorskrifte van dieselfde maatskappy en bestuur wat hulle nou hulle werk (en toekoms) kos? Ek dink werklik dat die werknemers van KPMG ‘n klas-aksie behoort te bring teen KPMG Internasionaal………wat die aanstelling van al hierdie SWAK direksie lede en senior vennote goed gepraat en ondersteun het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.