41 vas oor dronkbestuur in Jhb

Argieffoto

Argieffoto

Altesaam 41 persone is oor die naweek in hegtenis geneem vir dronkbestuur, het die metropolisie Sondag gesê.

“Een van die motoriste was ʼn man in sy laat 30’s wat teen 209 km/h op die N1 in Midrand gery het,” het hoofsupt Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, gesê. “Die man het geweier om stil te hou toe beamptes hom wou aftrek.” Hy is ʼn uur later by sy huis in Pretoria in hegtenis geneem.

“ʼn 63-jarige vrou van Pimville in Soweto het Saterdag op die Goue Hoofweg teen 129 km/h in ʼn 60 km/h-sone gery,” het Minnaar bygevoeg. “Sy het aangevoer sy is laat vir ʼn begrafnis.”

Die motoriste is vrygelaat op borgtog van tussen R1 000 en R1 500 en sal binnekort in verskeie howe verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ghost ·

En nog steeds worry hulle nie oor die roekelose bestuur wat die taxis elke oor rooi verkeersligte en stop strate ry sonder om te stop nie.

Ai tog ·

Die taxi drivers sit net die hazzords aan dan stop hy en laai ieman op of af sonder enige waarskuwing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.