Die eenheid vir gesinsgeweld, seksuele oortredings en kinderbeskerming in Klerksdorp het gesorg daarvoor dat ʼn gesamentlike 411 jaar tronkstraf reeds aan seksuele misdadigers opgelê is sedert Januarie vanjaar.
Dié gesamentlike tronkstraf is opgelê aan 47 beskuldiges en sluit 12 lewenslange vonnisse in.
Die statistiek sluit 62 verkragtingsake in. Die ouderdom van die beskuldiges is tussen 17 jaar en 59 jaar, terwyl die slagoffers tussen 4 jaar en 43 jaar oud is.
Een van die beskuldigdes is in Februarie vanjaar gevonnis tot twee keer lewenslange tronkstraf plus ʼn verdere 10 jaar.
Die provinsiale kommissaris in Noordwes, luitenant-generaal Zukiswa Mbombo, het haar lof uitgespreek. “Ons is werklik trots op dié suksesse en wil almal in die strafregstelsel en die gemeenskap bedank wat help toesien het dat wrede misdadigers suksesvol vervolg is,” het sy gesê.
Kan dit ooit lank genoeg wees, nee.