42 in Brits vas oor openbare geweld

Die polisie op die toneel in Brits, Noordwes (April 2019) (Foto: ANA)

Altesaam 42 verdagtes sal Donderdag in die Brits-landdroshof in Noordwes verskyn op aanklag van openbare geweld.

Kol. Adéle Myburgh, woordvoerder van die polisie, het gesê nog nege persone sal in dieselfde hof verskyn in verband met aanklagte van roof wat ook met die voorvalle van openbare geweld verband hou.

“Inwoners van Oukasie het na bewering sleutels van vragmotorbestuurders gesteel en die vragmotors gebruik om verskeie paaie in die gebied te versper,” het sy gesê. “Dit het verkeersvloei verhinder.”

Die verdagtes is in hegtenis geneem ná gemeenskapsbetogings Maandag in Brits begin het. “Lede van die gemeenskap het paaie versper en motoriste in en rondom Brits en Oukasie met klippe bestook,” het Myburgh bygevoeg.

Die polisie is steeds in die gebied teenwoordig om stabiliteit te verseker.

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het die gedrag van die betogers veroordeel. Hy het gewaarsku dat polisiebeamptes nie wetteloosheid, soos opsetlike saakbeskadiging en die versperring van paaie, sal duld nie.

Betogers het Maandag vanaf Oukasie na die munisipale kantore in die dorp opgeruk. Hulle dring aan op beter dienslewering. Myburgh het gesê lede van die gemeenskap het op 4 April ʼn memorandum van griewe aan die plaaslike munisipaliteit oorhandig. Die premier is sewe dae gegee om op die memorandum te reageer anders sou hulle tot gewelddadige betoging oorgaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Dv

As jy ‘n ding wil sien wag net tot na 8 Mei na Die verkissing. Daar gaan by veré te min polisie wees.

John

… dit soos om jou ma en pa te verskree omdat jou slaapkamer so chaoties en smerig is en dan van hulle verwag om jou sakgeld te verhoog oor die lyding en daarop aandring dat hulle dit soos in nòù moet opruim… En as hulle nie dadelik inspring nie, brand jy die huis af…

TLC

?en hoekom hoor ons nooit wat is hul straf nie
Want hulle kry n klop op die skouer en police kry n 2lt coke

jAN

wat gaan gebeur op 8 mei gaan die wat in die tronk is ook stem, of gaan hulle gesien word as persone wat wegbly om te stem…….