42% van SA-vroue is oorgewig

Argieffoto

Argieffoto

Ongeveer 37% van die wêreldbevolking eet hulle dood, sê die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) in reaksie op ‘n artikel wat pas in die mediese joernaal, The Lancet, gepubliseer is.

Volgens die artikel is meer as twee miljard mense oorgewig, of ly aan vetsug. Die navorsingspan onder die leiding van prof. Christopher Murray van die Universiteit van Washington in Seattle, sê 13% van die wêreld se vetsugtige mense woon in die VSA – soveel as in China en Indië saam.

Volgens die artikel is Suid-Afrika die land met die meeste vetsug in Afrika suid van die Sahara. Waar byna 30% van die wêreld se volwasse bevolking vetsugtig is, is dit in Suid-Afrika 42% vir vroue, en 13,5% vir mans. Dit beteken sewe uit elke tien Suid-Afrikaanse vroue is oorgewig of vetsugtig, terwyl vier uit elke tien mans oorgewig of vetsugtig is. ‘n Vyfde van die seuns en ‘n kwart van die meisies in Suid-Afrika is oorgewig of vetsugtig.

Oorgewig word gedefinieer as iemand wat, gebaseer op die gewig-tot-lengte-ratio (liggaamsmassa-indeks) tussen 25% en 30% swaarder weeg as wat hy of sy veronderstel is om te weeg. ʼn Vetsugtige persoon weeg meer as 30% swaarder as sy of haar veronderstelde liggaamsgewig.

Die navorsers meen ook dat ʼn persoon se gesondheidsrisiko vir kanker, kardiovaskulêre siektes, diabetes, osteoartritis en chroniese niersiekte toeneem indien daardie persoon se liggaamsmassa-indeks hoër is as 23. Klik hier om jou liggaamsmassa-indeks te bepaal.

In 2010 het vetsug tot die dood van 3,4 miljoen mense gelei. Die navorsing is aangepak nadat dit aan die lig gekom het dat vetsug sedertdien nie in ‘n enkele land afgeneem het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peter Says ·

Wel, ons SA mans hou van so bietjie vleis aan die bene, ons Oumas was altyd lekker mollig en het tot 100 geleef. Vetsug tans, is n lewenstyl wat aan die verbruiker afgedwing word dink maar daaraan, se nogsteeds, n brandmaer dame, doen niks vir my nie.

Tess ·

Stem heeltemal saam met jou. Onder- en oorgewig is nou maar eenmaal onooglik. Kyk bv. die ou in die bootjie. Gril my dood vir daardie drillende maag en dis duidelik van ooreet. Ek is darem nog te jonk om as ouma te kwalifiseer, maar sal ook graag soos my ouma wil lyk as ek haar ouderdom haal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.