43 beseer toe vragmotor omslaan

Foto: ER24

Foto: ER24

Altesaam 43 plaaswerkers is beseer toe ʼn vragmotor op ʼn grondpad in Wartburg, KwaZulu-Natal, omgeslaan het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel het die vragmotor op sy kant teen ʼn klein wal af gelê. Werkers wat agter op die vragmotor was, het teen en langs die wal gesit.

“Die passasiers is ondersoek en 43 is in die ongeluk beseer. Gelukkig het niemand in die ongeluk omgekom nie,” het Meiring gesê. Die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na verskeie hospitale geneem is.

Plaaslike polisiebeamptes is na die toneel ontbied om die ongeluk te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.