43 gewelddadige aanvalle by hospitale in Gauteng aangemeld

(Argieffoto ter illustrasie: Adhy Savala/Unsplash)

Personeel by 17 staatshospitale in Gauteng leef in vrees ná 43 gewelddadige aanvalle op hulle deur pasiënte sedert Januarie verlede jaar.

Meeste van die aanvallers was pasiënte in die psigiatriese sale wat nie behoorlik beveilig is nie.

Jack Bloom, die DA se skadu-LUR vir gesondheid, sê dié inligting is onthul deur die Gautengse LUR vir gesondheid, Nomathemba Mokgethi, in ʼn skriftelike reaksie op sy vrae in die Gautengse wetgewer.

Weskoppies- psigiatriese hospitaal het die hoogste getal aanvalle aangemeld. Sestien personeellede is aangeval, wat insluit nege klappe of stampe teen die kop, twee mensbyte en een persoon wat in die lies geslaan is.

By die George Mukhari-hospitaal was daar vyf aanvalle op personeel deur pasiënte in die psigiatriese saal, met twee aanvalle by noodgevalle waarvan een ʼn poging tot verwurging was.

Tydens drie van die vier aanvalle by die Verre Oos-Rand-hospitaal was daar mensbyte en tydens die vierde voorval is ʼn personeellid se bolip en kakebeen beseer.

Ander hospitale met gewelddadige voorvalle sluit in:

  • Chris Hani Baragwanath-hospitaal – vier aanvalle, insluitend ʼn spraakterapeut wat op die vinger gebyt is
  • Bheki Mlangeni-hospitaal – vier aanvalle, waarvan drie deur psigiatriese pasiënte was
  • Steve Biko, Sebokeng, Bertha Gxowa en Leratong-hospitale het elk twee aanvalle aangemeld op personeel.

“Volgens Mokgethi het al die voorvalle in gewone sale plaasgevind weens die beperkte hoeveelheid beddens in die psigiatriese sale. Alle psigiatriese pasiënte wat in ʼn hospitaal opgeneem word, moet 72 uur lank waargeneem word, maar die fasiliteite is steeds onvoldoende selfs al was daar ʼn onderneming dat sielkundige behandeling verbeter sal word ná die Life Esidimeni-tragedie,” sê Bloom.

Personeel en pasiënte is slagoffers van dié verwaarlosing en dit moet so vinnig as moontlik reggestel word. “Dit is maar net nóg ʼn departement wat geteister word deur wanbestuur en korrupsie.”

Die DA versoek ʼn behoorlike veiligheidsoudit van hospitale waar die sekuriteitsrisiko hoog is en veral by hospitale waar pasiënte psigiatriese behandeling ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Swerwer ·

Dit moet voor die deur van Departement Gesondheid gelê word. Personeel word nie behoorlik opgelei om met Psigiatriese Pasiënte te werk nie. Die standaard van opleiding is nie voldoende, dit is nie sommer net enige iemand wat na ‘n Psigiatriese Pasiënt kan omsien nie, dit verg uitgesoekte Verpleegkundiges wat met hart en siel in hul beroep is en nie net vir die geld/salaris nie. Ongelukkig speel kulturele opvoeding ‘n groot rol.

Surfer ·

Ek wens ek kon n paar Verpleegsters of Susters aanrand oor hul patetiese diens. Maar dan kry jy ook die 1 of 2 uit n duisend met goeie diens. (dankie)

Swerwer ·

Die goeie diens spruit uit die liefde vir hul beroep die ander duisende gee nie ‘n duit om nie, hul is nie Verpleegsters/Verpleegsusters se naam werd nie want hul wil net aan die einde van die maand hul geld hê.

Zoey ·

Net jammer die getalle van pasiente wat deur personeel aangerand word, word nooit bekend gemaak nie.

Jack ·

So loop die draad van morele verotting aangeblaas deur die anc deur alle fasette van die samelewing. Ek is seker daarvan dat die aanvallers nie een wit was nie alhoewel ons morele verval besig is om dieselfde krisisvlakke te bereik.

Jack ·

Dit lyk asof my naam getag is vir sensuur so ek sal myself maar weerhou van kommentaar. Moeilik om die waarheid in n polisiestaat te lug.

ES ·

Hospitale moet gewelddadige pasiente net summier ontslaan en toegang weier.

In die privaat hospitaal in ons dorp is daar groot kennisgewings binne waar die hospitaal waarsku dat as enige pasiente of familie van pasiente hul skuldig maak aan swak gedrag of geweld sal toegang geweier word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.