43 mans reeds vanjaar by inisiasieskole dood

Argieffoto (Foto: Dingeman, Wikimedia Commons)

Ten minste 43 mans is reeds tydens hierdie somer se inisiasieseisoen dood, het Des van Rooyen, nuutaangestelde minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Dinsdag gesê.

Van Rooyen het tydens sy eerste media-inligtingsessie sedert hy Sondagaand aangestel is as die hoof van die departement na net vier dae in die posisie as minister van finansies, gesê hy is baie bekommerd oor die onwettige inisiasieskole wat regoor die land opskiet.

“Ouers en voogde moet verseker hulle stuur jong mans na geregistreerde inisiasieskole en seker maak dat hierdie skole voldoen aan die reëls en regulasies van die departement,” het hy gesê.

Die meerderheid sterftes het in die Oos-Kaap plaasgevind waar 30 mans dood is, gevolg deur ses sterftes in die Vrystaat, drie in die Noord-Kaap, twee in die Wes-Kaap en een elk in Gauteng en Noordwes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

MissDemeanor ·

Ek het besluit om optimisties te wees, en te glo dat ou Des hierdie nuwe pos van hom met erns gaan benader. Kyk hy kon nou nie minuster van finansies wees nie, en Zuma kon hom nie terugskuif na sy vrot munisipaliteit nie, so nou is hy maar minister van traditionele sake. Hopelik word dit nie gesien as een of ander piesang-ministerie waar mens net sous-trein ry en room afskep nie. Hopelik doen hy iets van waarde daar. As ek hy was dan sou ek so skaam gewees het oor my vorige werk dat ek nou myself sou wil bewys.

Gideon Swart ·

Kan jul asseblief nou net besluit wat is van Rooyen se naam, Des of David.

Frederik ·

Kan ons nie maar nou hierdie inisiasie-kultuur laat vaar nie. Magtag, ons leef mos darem al in die 21ste eeu.

Emile ·

Maar inisiasiepraktyke by universiteitskoshuise is “ongrondwetlik” al is dit nie so barbaars nie, word niemand vermink of gedood nie en al is dit ook deel van koshuise se kultuur en tradisie, soos hierdie swart stamme se tradisies en kultuur?

bob bok staan styf ·

Ek is n diereliefhebber . Was nog altyd . Ek kry altyd net die bok jammer wat so’ n innisiasie moet deurgaan ! Daarom vra ek maar altyd waar kom die vleis vandaan .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.